Zimbabwe boelie o.19 Capricorn Eagles
Krieket
Namibië se nasionale onder 19-meisieskrieketspan, die junior Capricorn Eagles, het gister in die eerste T20-wedstryd van hul tuisreeks teen hul eweknie van Zimbabwe gespeel en met 96 lopies verloor.
Die besoekers het by die nuwe nasionale krieketstadion in Olympia die loot gewen en verkies om eerste te kolf. Saam met 29 ekstras wat Namibië in 20 boulbeurte afgestaan het, het Beloved Biza as aanvangskolwer 62 lopies van 64 balle geslaan terwyl nommer drie Runyararo Pasipanodya 23 van 24 balle tot hul totaal van 131 vir die verlies van sewe in 20 boulbeurte bygedra het.
Die res van Zimbabwe se kolflys is vir net 17 lopies laat stap.
Ongelukkig kon die Namibiese kolwers nie die mas teen Zimbabwe se venynige boulaanval opkom nie en die span is vir 35 lopies in 10.3 boulbeurte uitgeboul.
Unombuiro Kanjosa het met 3 paaltjies vir 15 onder die Zimbabwe-kolwers gemaai, terwyl Sonja Siepker (1/27 in 3) en Estelle van der Merwe (1/26 in 4) ook paaltjies bewerkstellig het.
Namibië se telkaart is deurspek met vyf nulletjies, terwyl aanvangskolwer Van der Merwe, Mekelaye Mwatile op drie en Unombuiro Kanjosa op nommer elf die hoogste tellings met ses lopies elk geëwenaar het.
Dodelike boulwerk
Met die bal in die hand was Chipo Moyo dodelik giftig vir Zimbabwe met 5/17 in drie boulbeurte.
Christina Mutasa (1/4 in 3), Passionate Munorwei (1/3 in 1), Kelis Ndhlovu (1/1 in 1), Olinder Chare (1/3 in 1) en Beloved Biza (1/3 in 0.3) het die res van die Namibiese kolwers opgeruim.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article