Wildcats haak knoop deur die algehele T20-titel
Krieket
Verskeie honderdtalle is op die laaste naweek van die T20 franchise-reeks gesien.
‘n Gelykop wedloop tussen die topdrie spanne in die Castle Lite T20-franchisereeks het gistermiddag uitgeloop op die beslissende laaste wedstryd tussen die Etosha Wildcats en die Green Windhoek Jets.
In die wenner-vat-alles kragmeting het die Wildcats die nodige twee ligapunte ingepalm om die Jets verby te steek en die algehele toernooititel in te palm.
“Dis nie hoe jy begin nie, maar hoe jy eindig. Ons kon ongelukkig nie die knoop deurhaak nie en baie geluk aan die Wildcats,” het die Jets-kaptein Zane Green agterna gesê.
Ettienne Beukes het homself oortref met ‘n veelsydige vertoning as speler van die wedstryd.
Die toernooi se algehele individuele pryse is ingepalm deur JC Balt (speler van die toernooi, asook topkolwer van die toernooi met 227 lopies) en Handre Klazinga (bouler van die toernooi, 13 paaltjies).
Die Wildcats se kaptein Bernard Scholtz het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Hoogtepunte van die Wildcats-kolfbeurt was die bydraes van Niko Davin (30 van 29 balle, 2x4), Nyasha Nyashadzaishe (20 van 20, 3x4) en die laaste kolfpaar Danie van Schoor (14* van 10 balle, 2x4) en veral Ettienne Beukes (27 nie uit nie van 14 balle, 2x4 2x6).
Karl Birkenstock se drie paaltjies om Nyasha, Zacheo van Vuuren (10) en Scholtz (9) ui die middelorde te ruk, het hom 3/27 in 4 boulbeurte besorg. PD Blignaut (1/23 in 4) het minder as ses per boulbeurt afgestaan.
In die Jets se kolfbeurt het tydige deurbrake deur die drie Wildcats-boulers Bernard Scholtz (2/20 in 4), Nyasha (2/29 in 4) en Ben Shikongo (2/39 in 4) ‘n verskil gemaak, om te verhinder dat Zane Green (28 van 16 balle), Dylan Leicher (22 van 17 balle), Hlupo Fungai (28 van 32 balle) of Jan-Izak de Villiers (24 van 26 balle) die uitslag uit hul hande kon neem.
Ettienne Beukes (1/21 in 4) het ook van die immer gevaarlike Nicol Loftie-Eaton (12) ontslae geraak deur ‘n vangskoot van Joshuan Julius.
Propvol aksie
Om krieket ‘n goeie hupstoot te gee, kort Namibië meer kompetisies soos dié reeks wat van 16 November op ses wedstryddae oor twee naweke gespeel was.
Die reeks tussen die Etosha Wildcats, Fish River Eagles, Green Windhoek Jets en N/a’an ku sê Lions is Vrydagoggend hervat met ‘n botsing tussen die Eagles en die Wildcats.
Die Wildcats se sege met 13 lopies het gekom nadat hulle 147 lopies vir agt paaltjie in 20 boulbeurte aangeteken het en die Eagles tot 134/8 beperk het.
Die Wildcats se topvyf kolwers kon gesamentlik net 40 lopies van 46 balle behaal. Genadiglik het Nyasha Nyashadzaishe (41), Bernard Scholtz (20 nie uit nie) en Ben Shikongo (20*) hul span se bas gered.
JP Kotzé (36) en Handré Klazinga (36) was die enigste Eagles-kolwers wat ‘n merk gemaak het.
Grenshoue: Wildcats 16 (10x4, 5x6, 70 lopies), Eagles 17 (11x4, 5x6, 74 lopies).
Topdrie boulers: Danie van Schoor van Wildcats (2 paaltjies vir 14 lopies in 4 boulbeurte, ekonomie 3.5 lopies per boulbeurt), Zhivago Groenewald van Eagles (2/15 in 4, ekon. 3.75) en Junior Kariata van Eagles (2/13 in 2, ekon. 6.5).
Mees ekonomiese boulers: Danie van Schoor (3.5), Zhivago Groenewald (3.75) en Nyasha Nyashadzaishe van Wildcats (0/13 in 3, ekon. 4.33).
Topdrie kolwers: Nyasha Nyashadzaishe (41 lopies, 31 balle, 2x4, 3x6, treftempo 132.26 persent), JP Kotzé (36 van 21 b, 4x4, 2x6, 171.43%) en Handré Klazinga (36 van 32 b, 3x6, 112.50%).
Hoogste kolftempo: Ben Shikongo van Wildcats (20* van 11 b, 1x4, 1x6, 181.82%), JP Kotzé (171.43%) en Nyasha Nyashadzaishe (132.26%).
Speler van die wedstryd: Nyasha Nyashadzaishe.
Jets (240/5) oordonder Lions (155/8) met 85 lopies
Hoewel die Lions nege boulers ingespan het, het Zane Green sy klas gewys en ‘n reusebeurt van 114 lopies vir die Jets geslaan. Hy het net 17 balle vir sy vyftigtal gebruik voordat sy honderdtal met sy 36ste bal aangeteken is.
Green is deur Jan-Izak de Villiers (57*) bygestaan. Die Lions se kolfbeurt wou nie aan die gang kom nie en die jong Michael Muller (68*) het bykans ‘n alleenstryd gevoer.
Grenshoue: Jets 37 (22x4, 15x6, 178 lopies), Lions 20 (17x4, 3x6, 86 lopies).
Topdrie boulers: Dylan Leicher van die Jets (3/20 in 4, ekon. 5), Jan-Izak de Villiers van die Jets (2/30 in 4, ekon. 7.5) en Tangeni Lungameni van die Lions (2/32 in 4, ekon. 8)
Mees ekonomiese boulers: Dylan Leicher (5), Ramon Wilmot van die Jets (1/11 in 2, ekon. 5.5) en Luca Micillo van die Lions (1/11 in 2, ekon. 5.5).
Topdrie kolwers: Zane Green van die Jets (114 van 41 b, 11x4, 9x6, 278.05%), Michael Müller van die Lions (63* van 51 b, 9x4, 123.53%) en Jan-Izak de Villiers van die Jets (57* van 24 b, 4x4, 5x6, 237.5%).
Hoogste kolftempo: Zane Green (278.05%), Jan-Izak de Villiers (237.5%) en Erik Lintvelt van die Lions (20 van 12 b, 1x4, 2x6, 166.67%).
Speler van die wedstryd Zane Green.
Saterdagoggend
Eagles (143/2 in 16.1) klop die Jets (142 almal uit in 19.5) met 8 paaltjies.
Grenshoue: Eagles 17 (9x4, 8x6, 84 lopies), Jets 15 (10x4, 5x6, 70 lopies).
Topdrie boulers: Handré Klazinga van die Eagles (4/25 in 3.5, ekon. 6.52), Zhivago Groenewald van die Eagles (2/25 in 4, ekon. 6.25) en Junior Kariata van die Eagles (2/20 in 3, ekon. 6.67).
Mees ekonomiese boulers: Malan Kruger van die Eagles (1/23 in 4, ekon. 5.75), Zhivago Groenewald (6.25) en JC Balt van die Eagles (0/13 in 2, ekon. 6.5).
Topdrie kolwers: JC Balt van die Eagles (66, 44 b, 5x4, 3x6, 150%), JP Kotzé van die Eagles (52, 36 b, 4x4, 3x6, 144.44%) en Fungayi Hlupo van die Jets (31, 33 b, 3x4, 93.94%).
Hoogste kolftempo: Zane Green van die Jets (260%), Hanro Badenhorst van die Jets (233.33) en Nicol Loftie-Eaton van die Jets (156.25%).
Speler van die wedstryd JC Balt.
Saterdagnamiddag
Die Wildcats (109/3 in 9.4) klop die Lions (108 almal uit in 18.1) met sewe paaltjies.
Grenshoue: Wildcats 19 (12x4, 7x6, 90 lopies), Lions 13 (10x4, 3x6, 58 lopies).
Topdrie boulers: Bernard Scholtz van die Wildcats (4/20 in 4, ekon. 5), Ben Shikongo van die Wildcats (3/6 in 3.1, ekon. 1.89) en Francois du Plessis van die Lions (2/27 in 1.4, ekon. 16.20).
Mees ekonomiese boulers: Ben Shikongo (1.89), Bernard Scholtz (5) en Ettienne Beukes van die Wildcats (1/24 in 4, ekon. 6).
Topdrie kolwers: Jan Frylinck van die Wildcats (60 van 25 b, 5x4, 6x6, 240%), Gerhard Janse van Rensburg van die Lions (32 van 36 b, 4x4, 88.89%) en Michael Müller van die Lions (26 van 33 b, 4x4, 78.79%).
Hoogste kolftempo: Zacheo Janse van Vuuren van die Wildcats (400%), Jan Frylinck (240%) en Tangeni Lungameni van die Lions (200%).
Speler van die wedstryd Ben Shikongo.
Sondagoggend
Die Eagles (206/4 in 20) klop die Lions (180/8 in 20) met 26 lopies.
Grenshoue: Eagles 27 (15x4, 12x6, 132 lopies), Lions 22 (13x4, 9x6, 106 lopies).
Topdrie boulers: JC Balt van die Eagles (3/20 in 3, ekon. 6.67), Handré Klazinga van die Eagles (2/30 in 4, ekon. 7.5) en Malan Kruger (2/24 in 3, ekon. 8).
Drie mees ekonomiese boulers: JC Balt (6.67), Handré Klazinga (7.5) en Douglas Truter van die Lions (0/15 in 2, ekon. 7.5).
Topdrie kolwers: Malan Kruger van die Eagles (107* van 59 b, 9x4, 7x6, 181.36%), Lo-han Louwrens van die Lions (54 van 25 b, 4x4, 5x6, 216%) en Shaun Fouché van die Lions (34 van 26 b, 3x4, 1x6, 130.77%).
Hoogste kolftempo: Handré Klazinga van die Eagles (221.43%), Lo-han Louwrens (216%) en Malan Kruger (181.36%).
Speler van die wedstryd Malan Kruger.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article