• Home
  • Sport
  • Staatmakers uit gasheerspan wanneer Afrika-spanne kom

Staatmakers uit gasheerspan wanneer Afrika-spanne kom

Swem
As verdedigende Afrika Sone 4-kampioen, sal Namibië met sy nasionale span en Nasfed-span opnuut moet woeker om sy titel te behou.
Tielman Van Lill
Die 20ste Afrika Sone 4-swem- en oopwaterswemkampioenskap, ondersteun deur Debmarine en die Pupkewitz-stigting, sal aanstaande maand 370 swemmers, 30 afrigters, 70 beamptes en 40 vrywilligers na Windhoek lok.

Die wêreldbeheerliggaam Fédération Internationale de Natation (Fina) staan sedert Januarie 2023 amptelik as World Aquatics bekend. Die Afrika-beheerliggaam, Confédération Africaine de Natation (Cana), het nie agtergebly nie en is tot Africa Aquatics herdoop om op peil te bly met die veranderinge op wêreldvlak.

Die geskiedkundige eerste Afrika Sone 4-swemkampioenskap onder die vaandel van Africa Aquatics vind dus aanstaande maand by die Olympia-swembad in Windhoek plaas. Die oopwaterswemkompetisie word op 8 Desember by die Oanobdam beslis.

Ongeveer 370 swemmers van 13 lidlande van Sone-4, asook twee genooide Sone 3-lande (Tanzanië en Uganda) sal van 4 tot 8 Desember in Windhoek byeenkom waar die gasheerland se bestes onder die vergrootglas geplaas sal word.

Die Sone 4-lande is Angola, Botswana, Comore, Eswatini, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Seychelle, Suid-Afrika, Zambië, Zimbabwe en Namibië.

Dis die eerste keer sedert 2019 dat Namibië hierdie vertoonstuk aanbied. Verlede jaar het Angola die Sone 4-kampioenskap aangebied, waar Namibië met 37 medaljes uitstekend gevaar het.

Twee van Namibië se gedugte swemmers, Trisha Mutumbulua en Nico Esslinger, is egter in die buiteland en sal ongelukkig nie beskikbaar wees nie.

Nasfed het Phillip Seidler ook vir die oopwaterkampioenskap gekies, maar die Swakopmunder het aan Sport Wrap sy onttrekking soos volg verduidelik: “Die organisering van ‘n groot gebeurtenis op 19 Desember op Swakopmund, die Team Flippy Open Water Splash, hou my besig. Ek het ook ná die Olimpiese Spele 'n blaaskans geneem en hoofsaaklik gefokus op herstel van die skouerbesering wat ek tydens my deelname in Parys opgedoen het.”

Ronan Wantenaar, Molina Smalley, Oliver Durand en Jessica Humphrey sal ook nie in aksie wees nie. Dié vier musketiers sal Namibië van 10 tot 15 Desember by die Wêreldkortbadkampioenskap in Boedapest, Hongarye, verteenwoordig.

Mutumbulua is tans in Boedapest, waar 'n gesogte World Aquatics-beurs in samewerking met Hongarye aan haar toegeken was. Danksy die Stipendium Hungaricum-sportbeurs volg sy nou 'n baccalaureusgraad in sielkunde.

Esslinger het ‘n beurs van World Aquatics vir oopwaterswem ontvang en bevind hom in Frankryk waar hy by die Antibes-oefensentrum slyp. Hy het in Desember tydens die 2023 Jetty Mile in Swakopmund groot belofte getoon toe hy tweede ná die tweemalige Olimpiese swemmer Phillip Seidler geëindig het.

Esslinger het met 23 minute 04 sekondes op die stophorlosie onder moeilike omstandighede net 71 sekondes ná Seidler (21:53) oor die eindstreep by die Mole gehardloop. Lander Hendrickx van België was derde in 24:33.

By die 2023 Jetty Mile was Maja Brinkmann (eerste, 26:40), Jessica Humphrey (tweede, 28:08) en Carissa Steyn (derde, 28:13) die topdrie in die onder 16-afdeling. Oliver Durand (eerste, 25:24), Liam Kinnaird (tweede, 27:17) en Ayden Jiao (derde, 27:26) het in dieselfde ouderdomsgroep meegeding.

Maja, Carissa en Liam sal Namibië by Oanob verteenwoordig.



Die Namibiese aanslag

Die gasheerland het sy nasionale span soos volg aangewys:

Swem: Roze van Wyk, Suraya Ashikoto, Laila Joubert, Dané Mostert, Sofia Glen-Spyron, Roselinda Matyaiya, Ainoa Naukosho, Candice Rey, Victoria de Sousa, Mikayla Geyser, Gizelle Slinger, Ariana Naukosho, Salome Rey, Oelof Badenhorst, Patric Durand, Aiden Diehl, Jannes Coetzee, Daniel Bock, Ermano van Wyk, Willem Coetzee, Kabelo Hekandjo, Jeremy Musati, Michael Bauernschmitt, Nathan Bock, Robin Engelhard, Arkell Wellmann, René Viljoen, Corné le Roux en Brett Geyser.

Swem en oopwaterswem: Lara Steyn, Madison Bergh, Nora Schlabitz, Reza Westerduin, Maja Brinkmann, Carissa Steyn, Victor Engelhard, Riley Bergh, Rodney Feris, Luke Beukes, Lian Ellis, Lorenzo Esterhuizen en Liam Kinnaird.

Oopwaterswem: Isabella de Witt, Carlene Gertze, Kyra Marschall, Scarlett McNamara, Darius Kotze, James Langford, Alex Marggraff, Emma Brinkmann, Sandra Schnebel, Tristan Nell, Jörn Buchert en Noah Nell.

Die Nasfed-swemspan: Olivia Wenk, Harry Kibble, Katja Dippenaar, Julian Erni, Tamryn Coetzee, Jeandre Armstrong, Lillian Kibble, Caleb Swartz, Samuel Swartz, Aaliyah Losper, Lee-Jay Armstrong, Lillia Ellis, Justin Bezuidenhout, Cara Meyer, Kayleb Benade, Emma Brinkmann, Tristan Nell, Sandra Schnebel, Shaun Spangenberg, Mikayla Hansen, Jörn Buchert, Marlene Keding, Noah Nell, Brooklyn Ashipala, Jordan Bezuidenhout en Quelin Benade.

Die afrigters is Janis Stergiadis en Jean-Michael Leitner.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-12-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!