• Home
  • Sport
  • So waar as Wors 'n wêreldkampioen is

So waar as Wors 'n wêreldkampioen is

Jaggeweerskiet
Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging is baie trots op een van hul bekende ysters.
Tielman Van Lill
Francois Marais junior (bynaam Wors) is die afgelope naweek as Namibië se nuwe wêreldkampioen in jaggeweerskiet bekroon.

Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het dié skietsport se vierde wêreldkampioenskap naby Otjiwarongo aangebied, waar Marais as die wêreldkampioen in die .222/.223-afdeling en ope-klas na vore getree het.

Suid-Afrika, die Tjeggiese Republiek en Swede was van die ander deelnemende lande.

Marais se vrou, Karola, is uiteraard meer as bloot beïndruk met haar man se uitsonderlike prestasie.

“Ek is baie opgewonde en ongelooflik trots om aan te kondig dat my wonderlike man bekroon is as die vierde wêreldkampioen in jaggeweerskiet, in beide die .222/.223- en ope-klas.

“Jou toewyding, akkuraatheid en meedoënlose strewe na uitnemendheid het werklik vrugte afgewerp. Jou ontelbare ure se oefening, onwrikbare fokus en passie vir die sport het jou tot hierdie monumentale prestasie gelei.

“Om te sien hoe jy jou drome najaag en so 'n ongelooflike mylpaal bereik, was niks minder as inspirerend nie. Jy is nie net 'n kampioen in die wêreld van geweerskiet nie, maar ook 'n kampioen in ons harte.

“Baie geluk, my Lief! Ons vier jou merkwaardige sukses en sien uit na nog veel meer oorwinnings in die toekoms,” het Karola op Facebook geskryf.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-11-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!