• Home
  • Sport
  • Smit, Erasmus neem voortou met die kolf

Smit, Erasmus neem voortou met die kolf

Krieket
Tielman Van Lill
Die derde rondte (uit ses) van Krieket Namibië se T20-premierliga vir klubs sal môre met twee botsings by die Wanderersveld in Pionierspark afgehandel word, in die opbou na die finaal op 1 Desember.

Die eerste spanne ATG WHS Old Boys en CCD Tigers sal mekaar van 09:00 die stryd aansê, terwyl APS Samsung Wanderers en Trustco United teen drie-uur die namiddag op die veld sal stap.

Old Boys het verlede naweek sy eerste vier ligapunte teen United opgeraap en Wanderers het sy voorsprong op die ligaleer tot vier punte vergroot deur Tigers te verslaan.



Voorste vyf lopiemakers verlede Saterdag

Die liga se topvyf kolwers het gesamentlik 337 lopies van 206 balle geslaan en 43 aflewerings vir 214 lopies na die grenstou gestuur (22x4, 21x6).

JJ Smit van Wanderers (118 nie uit nie van 46 balle, 4x4, 13 x6) was teen CCD in ‘n klas van sy eie, terwyl Gerhard Erasmus van Old Boys (76 van 47 b, 5x4, 4x6), JC Balt van Wanderers (64* van 53 b, 7x4, 2x6), JP Kotzé van Old Boys (45 van 25 b, 4x4, 1x6) en Donovan Zealand van Tigers (34 van 35 b, 2x4, 1x6) ook goed op peil was.



Voorste vyf boulers van verlede naweek

Altesaam veertien paaltjies het tussen die topvyf vir 104 lopies in 17.4 boulbeurte gekantel.

Die vyf boulers is Zhivago Groenewald van Old Boys (4 paaltjies vir 13 lopies in 4 boulbeurte teen 3.25), Jan-Izak de Villiers van Wanderers (3/18 in 4 teen 4.5), Francois du Plessis van Old Boys (3/20 in 3.4 teen 5.45), Shaun Fouché van Old Boys (2/15 in 2 teen 7.5) en Adi Iita van United (2/38 in 4 teen 9.5).



Topvyf veelsydige bydraes ná twee botsings

JJ Smit beklee tans die voorste posisie met 599 punte, gevolg deur Gerhard Erasmus (361), Ryan Moffett (334), JC Balt (307) en Niko Davin (303). Erasmus het net in een wedstryd gespeel.



Topvyf lopiemakers ná twee wedstryde

JJ Smit (139), JC Balt (77), Gerhard Erasmus (76), Niko Davin van Wanderers (75) en Ryan Moffett van Tigers (71).



Topvyf boulers ná twee kragmetings

Bernard Scholtz van Wanderers (5 paaltjies), Francois du Plessis (5), Zhivago Groenewald (4), Jan-Izak de Villiers (3) en PD Blignaut van Wanderers (3).

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-11-18

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 22° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 27° | 34° Ruacana: 23° | 34° Tsumeb: 24° | 34° Otjiwarongo: 23° | 32° Omaruru: 24° | 36° Windhoek: 22° | 30° Gobabis: 24° | 34° Henties Bay: 15° | 24° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 38° Keetmanshoop: 23° | 38° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 21° | 38° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 23° | 37° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 14° | 31° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 22° | 30° Cape Town: 16° | 22° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 21° | 33° Harare: 18° | 30° #REF! #REF!