• Home
  • Sport
  • Skietbaan by Hoffnung allesbehalwe maklik

Skietbaan by Hoffnung allesbehalwe maklik

Jaggeweerskiet
Tielman Van Lill
Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het die afgelope naweek sy suidelike byeenkoms op die plaas Hoffnung buite die hoofstad aangebied.

Die NHRSA sê: “Ons spreek graag ons hartlike dank uit teenoor die Dresselhaus-familie vir hul gasvryheid regdeur die geleentheid.

“Baie dankie aan Agra Safari Den vir hul volgehoue steun, veral met die borgskap van al die toerusting en al die nodige skryfbehoeftes wat vir die naweek se verrigtinge voorsien is.

“Die mense wat vir die skietbane se uitleg verantwoordelik was, het opnuut besondere oordeel gebruik om die skuts met verskillende afstande en posisies uit te daag.

“Terwyl die afstande na die teikens wel bekend was, maak hierdie inligting slegs 'n klein deeltjie uit van die gevorderde veldskietvaardighede wat vereis word. Skuts moes met snellerbeheer, ‘n stewige en volhoubare posisie en windbepaling seker maak om die perfekte skootplasing te behaal.

Die voorste uitslae:



Eerste rondte .223: 1 Francois Marais junior, 2 Walter Kinnear, 3 Luandré Benadé.

Twee rondte .223: 1 Marais junior, 2 Marius Louw, 3 W. Kinnear.

Ope eerste rondte: 1 M. Louw, 2 Marais junior, 3 W. Kinnear.

Ope tweede rondte: 1 Marais junior, 2 W. Kinnear, 3 Stefan Louw.

Seniors: 1 Francois Marais senior, 2 Pieter Maresch.

Eerste rondte vroue: 1 Bets-Marie Coetzee, 2 Marqurite Muller, 3 Zandrea Kinnear.

Tweede rondte vroue: 1 Z. Kinnear, 2 Celeste van der Merwe, 3 BM. Coetzee.

Juniors eerste rondte: 1 Luan Oosthuizen, 2 Vincent Maresch, 3 Marthinus Prinsloo.

Juniors tweede rondte: 1 L. Oosthuizen, 2 Dawid du Toit, 3 V. Maresch.

Penkoppe eerste en tweede rondte: 1 Daniel du Toit, 2 Wolfaardt Prinsloo junior, 3 Anja-Mari van der Merwe.

Goudklas eerste rondte: 1 M. Louw, 2 Marais junior, 3 Marais senior.

Goudklas tweede rondte: 1 Marais junior, 2 S. Louw, 3 Jacobus van Schalkwyk.

Silwerklas eerste rondte: 1 W. Kinnear, 2 Hendrik van der Merwe, 3 Luan Oosthuizen.

Silwerklas tweede rondte: 1 W. Kinnear, 2 Alwyn Jooste, 3 Ferdi Schnaitmann.

Brons eerste rondte: 1 M. Muller, 2 Dawid du Toit, 3 Wolla Prinsloo.

Brons tweede rondte: 1 Z. Kinnear, 2 Dawid du Toit, 3 Danie du Toit.

Besoek gerus die Facebook-blad “NHRSA Namibia Veldskiet” vir gereelde inligting, foto’s en hoogtepunte van kompetisies en gebeure.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-11-25

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!