Potspel op nuwe pad geplaas
Die Namibiese Pool-en-Biljartvereniging (NPBF) het onlangs sy algemene jaarvergadering by die kantore van die Namibiese Sportkommissie afgehandel. Die uitvoerende bestuur vir die volgende vier jaar is verkies wat vir die administrasie en ontwikkeling van dié sportkode landswyd verantwoordelik sal wees. Cyril Moller, die nuwe NPBF-president wat by sy voorganger Cyril van Rooi oorneem, sê die nuwe bestuur sal beslis aan die ontwikkeling van die sport in Namibië werk. Agter van links is Serge du Plessis (liga-administrateur) en Cyril Moller (president). Voor is Vivian Koopman (tesourier), Laurenzo Louw (sekretaris-generaal), Charmaine Kotze (skakelbeampte) en Moses Mberira (visepresident). Foto Verskaf
Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article