O.15-week se room na Gauteng gestuur
Krieket
Die Kusspan het die nasionale Walvis Bay Salt onder 15-krieketweek in Windhoek se eindstryd teen Sentraal se Blouspan gewen, waarna Krieket Namibië sy uitgesoeke 13 spelers vir 'n toer aangekondig het.
Krieket Namibië het Vrydag sy Walvis Bay Salt nasionale onder 15-span aangekondig wat Woensdag na Benoni in Gauteng vertrek om aan Krieket Suid-Afrika se provinsiale week vir o.15’s deel te neem.
Die o.15-span is gekies nadat Krieket Namibië se o.15-nasionale Walvis Bay Salt-krieketweek afgehandel was. Die topbouler en topkolwer van die o.15-krieketweek is onderskeidelik Janco Duvenhage en Tiaan van der Merwe.
Duvenhage het tien paaltjies in vier wedstryde vir die Kusspan laat kantel (4.09 per boulbeurt), hoewel hy sal wil verbeter op sy totaal van 33 wydlopers.
Van die kolwers het Van der Merwe 154 lopies (gemiddeld 51.3; kolftempo 97.5) vir die Sentraal Blouspan geslaan het.
As topbouler en topkolwer behoort die twee spelers ‘n belangrike rol in die sukses van die Namibiese o.15-span in Benoni te speel.
Markus van Heerden (Sentraal Wit) en Henco van der Merwe (Noorde) het elkeen nege paaltjies platgetrek.
Rowan van Vuuren (Kus, 138 lopies, kolftempo 73.0) en Duvenhage (126 lopies, kolftempo 80.25) was tweede en derde op die kolwerslys.
Die kundigheid en invloed van Nyasha Nyashadzaishe, veelsydige klubspeler van APS Wanderers, as hulpafrigter sal ‘n integrale rol in die seuns se voorbereiding speel.
Wynand Viljoen van Swakopmund is die hoofafrigter. Hy het ook die Kusspan afgerig, wat in die eindstryd met 115 lopies teen Sentraal Blouspan gewen het. Die kusspan het hul 50 boulbeurte op 258/9 afgesluit en het die Windhoekers vir 145 uitgeboul.
Die kusspan se kaptein Rowan van Vuuren is as speler van die finaal aangewys vir 47 lopies van 55 balle (ses viere), nadat Jayden Preorius 42 van 61 balle as aanvangskolwer aangeteken het. Van Vuuren het as bouler ook 3/12 in 5.1 boulbeurte platgetrek.
Krieket Namibië sê: “Baie geluk aan die gekose spelers wat die span gehaal het om op 4 Desember na Suid-Afrika te reis en weer op 9 Desember terug te keer.
“Die o.15-spelers sal die geleentheid kry om by Krieket Suid-Afrika se amptelike o.15-streekweek deel te neem en hul vernuf te vertoon. Sterkte seuns!”
Kriteria vir seleksie
Slegs prestasies en statistieke by die pas afgelope nasionale o.15-week is gebruik om die room te kies.
Vir kolwers het hul totale lopies aangeteken die swaarste geweeg, terwyl na die boulers se hoeveelheid paaltjies en ekonomie per boulbeurt gekyk is.
Vir ‘n gebalanseerde toerspan word gestreef om drie topordekolwers, drie middelordekolwers/veelsydige spelers, drie naatboulers, twee draaibalboulers, een paaltjiewagter en vir ontwikkeling een geïdentifiseerde hoëprestasiespeler in te sluit.
Die jongmanne sal van 5 tot 8 Desemember in vier 50-boulbeurtwedstryde betrokke wees.
Die dertien spelers is Tiaan van der Merwe, Armin Fleming, Gerhard Genis en Luan Brand (al vier van Sentraal Blouspan), Jayden Pretorius, Rowan van Vuuren en Janco Duvenhage (al drie van die Kusspan), Henco van der Merwe, Drikus Maartens en Janco Schlechter (al drie van die Noorde), Markus van Heerden, Lucas Kruger en Kairavbir Malhotra (al drie van die Sentraal Witspan).
Die Namibiërs sal in St. Benedict’s College se koshuis tuisgaan.
• Die nasionale o.19-span sal op 8 Desember aangekondig word wat van 9 tot 13 Januarie aanstaande jaar by Grey College in Bloemfontein aan die Grey-krieketfees gaan deelneem.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article