Namibië kook in Kroonstad by SA Junior Jukskei Kampioenskappe
Jukskei
Die SA Junior Kampioenskappe is sekerlik een van die hoogtepunte vir enige Junior Jukskeispeler.
Vanjaar het daar ongeveer 460 kinders aan die toernooi deelgeneem in verskeie afdelings. Kompeterende jukskei is tussen die unies en distrikte gespeel waar goeie spangees ‘n uitstaande kenmerk was.
Namibië Junior Jukskei het met vier Namibiese ontwikkelingspanne aan die Laerskole week deelgeneem. Ten spyte van die ongelooflike warm weersomstandighede het Namibië bo verwagting presteer. Die ontwikkelingspanne het onderskeidelik geëindig in die eerste, tweede, vyfde en negende plek in Vlak 2 waar 11 spanne teen mekaar tydens die week meegeding het.
Ons is trots om te sê dat die ontwikkelingspan wat eerste geëindig het 13 van die 15 wedstryde gewen. Die span wat tweede geëindig het, het 11 van die 15 wedstryde gewen. Alhoewel dit ‘n lang en warm week vir meeste van die spanne was, is Namibië Jukskei trots op elke span se vordering en ontwikkeling.
Namibië Junior Jukskei is besig met ‘n landswye ontwikkelingsplan om Jukskei meer bekend te stel aan skole. Die sport beywer hom daartoe dat dit ongelooflike bydrae het tot die ontwikkeling van die kind. Holistiese ontwikkeling op verskeie vlakke is wat die sport vir leerders kan bied.
Skole wat redelik aktief deelneem aan Jukskei is KPS, Elnatan, Moria asook Windhoek Afrikaanse Privaatskool. Namibië Jukskei wil graag dat ander skole ook aktief betrokke raak by Jukskei om sodoende kompetisie te skep wat mededingend is.
Jukskei het definitief die afgelope paar jaar toegeneem en daar word meer belangstelling ontvang. Indien ‘n skool belangstel om betrokke te raak by Jukskei kan u die volgende persone kontak: Christie Horn by 081 129 5515 en Abie van Wyk by 081 245 5221.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article