• Home
  • Sport
  • Nagmerrie by eerste putjie sink 2024-kampioen
Die wenners van die Standard Bank 2025 Swakopmund Ope, Wilna Bredenhann en Likus Nande, se trofeë is deur Gerry Cloete, Takbestuurder van Standard Bank op Swakopmund, oorhandig. Foto verskaf
Die wenners van die Standard Bank 2025 Swakopmund Ope, Wilna Bredenhann en Likus Nande, se trofeë is deur Gerry Cloete, Takbestuurder van Standard Bank op Swakopmund, oorhandig. Foto verskaf

Nagmerrie by eerste putjie sink 2024-kampioen

Gholf
Ná drie rondtes oor twee dae het Likus Nande die toernooi met 'n voorsprong van tien houe gewen.
Andrew Poolman
Likius Nande is Sondag as die kampioen bekroon toe die Rössmund-gholfklub in Swakopmund vir die sesde opeenvolgende jaar die Standard Bank Swakop Ope-toernooi aangebied het.

Altesame 70 spelers het deelgeneem, insluitend 16 vroue en vier juniors, van al die land se prominente gholfklubs.

In perfekte weersomstandighede het Nande sy Saterdagoggend-rondte gelyk aan baansyfer (72 houe) voltooi, wat hom twee houe voor Edwin Kutara geplaas het.

Verlede jaar se kampioen Stefanus Bonifatius moes hard terugveg nadat hy ‘n ongelukkige 10 vir sy heel eerste putjie moes neerskryf. Hy was nogtans ná die oggendrondte net drie houe agter die voorloper.

Nande was egter die namiddag op sy stukke met ‘n puik 67 (vyf onder syfer) wat sy voorsprong tot tien houe gerek het (bruto 139) bo Kevin Wentzel op bruto 149.

In Sondagoggend se rondte vir die kampioenskap het Nande en Wentzel elk op een hou oor baansyfer klaargemaak, maar Nande het met die voorsprong van tien houe klaargemaak.

In die vroue-afdeling het die “ou Lister-enjin” Wilna Bredenhann met rondtes van 83 en 80 verseker dat sy met 22 houe voor haar naaste uitdager eindig.

Namens die toernooi se borg Standard Bank het Gerry Cloete, takbestuurder op Swakopmund, by die prysuitdeling die pryse oorhandig.

Die president van die Namibiese Amateur Gholfunie, Toady Gurirab, het spelers by die prysuitdeling ingelig van die uitvoerende bestuur se nuwe riglyn dat net spelers met ‘n geregistreerde rondte-persentasie van 85% of meer in aanmerking kom om pryse in Nagu-toernooie te wen (effektief vanaf 1 Julie 2025).



Die pryswenners:

Algehele beste bruto (kampioen): 1 Likius Nande (212), 2 Kevin Wentzel (222); algehele beste netto: 1 Walter Heibeb (210), 2 Quinton Jonck (211).

A-afdeling beste bruto: 1 Stefanus Bonifatius (228); 2 Edwin Geinub (234, uittel); beste netto: 1 Paulus Shifonono (223); 2 Jackson Kawaya (225, uittel).

B-afdeling, beste bruto: 1 Gabriel Andreas (244); 2 Dennis Haimbondi (247); beste netto: 1 Alfie Ndyenge (217, uittel); 2 Rudi Auseb (217).

C-afdeling beste bruto: 1 Clive Lawrence (192); 2 Emery Maboh junior (193); beste netto: 1 Vennen Gapara (147), 2 Boni Paulino (155).

Vroue algehele beste bruto (kampioen): 1 Wilna Bredenhann (163); 2 Brenda Lens (185); 3 Doulaine Holtzhausen (188), 4 Mary-Ann Boltman (192).

Vroue algehele beste netto: 1 Rina Knight (150), 2 Mariena Ludwig (154), 3 Dina Holtzhausen (156, uittel).

Stableford-wenner: 1 Steven Johns (74 punte); 2 Douw van Wyk (68).

Comments

Namibian Sun 2025-04-30

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment