Moodie se 50ste wag in die Kaap
Rugby
Dis moeilik om te glo, maar die vleuel Canan Moodie sal komende Saterdag in sy 50ste wedstryd vir die Vodacom Bulls uitdraf wanneer die span in Kaapstad vir hul Vodacom United Rugbykampioenskap-stryd teen die DHL Stormers in Kaapstad speel.
Die sirkel sal vir die 22-jarige voltooi word, drie jaar nadat hy sy buiging vir die Pretoriase span in 'n Curriebeker-wedstryd teen die DHL Westelike Provinsie gemaak het.
Dit was deel van 'n warrelwind jaar. Eers het Moodie sy Curriebeker- én VRK-debuut teen die Emirates Lions binne net twee weke gemaak. Toe het hy die Springbokke verteenwoordig en later daardie jaar 'n wonderlike buiging teen Australië beleef toe hy met die eerste aanraking van die bal 'n drie gedruk het.
Moodie was deel van die Bokke se 2023 Wêreldbeker-wenspan en is nou een van die voorste spelers vir die Bulle.
Die 50-mylpaal is ook betekenisvol. Relatief min spelers kry die kans om 50 wedstryde vir enige unie te haal, maar Moodie het dit in minder as drie seisoene gedoen. Hoewel hy komende naweek een van die meer ervare Bulls-spelers is, is dit moeilik om te glo hy is nog net 22.
Omrede hy in die Paarl gebore en getoë was en sy naam op skoolvlak gemaak het vandat hy 'n uitsonderlike drie vir Hoër Landbouskool Boland op Nuweland gedruk het, sal sy Kaapse vriende hom ondersteun. Sy blote teenwoordigheid kan die stadion uitverkoop.
Die Bulle sal waarskynlik nie veel ophef oor sy mylpaal maak nie, maar dit spreek van afrigter Jake White se geloof in die jongeling. Moodie het reeds baie vir die Bulle beteken.
Twee weke gelede in die Ellispark-derby teen die Leeus, was Moodie op die bank en het onmiddellik ‘n impak gemaak. Sy massiewe duikslag op Manny Rass – toe die Lions-agterspeler deurgebreek het en gelyk het of daar punte gaan kom – was ‘n deurslaggewende oomblik.
Moodie het hom in sy spore gestuit, opgelig en ‘n goeie ent teruggedryf in 'n plettervat wat nog maande lank op hoogtepunte dopgehou sal word.
Die Bok-vleuel beleef ietwat van 'n dun seisoen, veral nadat White geskimp het Moodie het te veel tyd by die buffet-tafel deurgebring terwyl hy by die Bokke was. Moodie het tydens die November-toer min speelkans gekry.
Terwyl White sy opmerkings later verduidelik het, was sy woorde verstaanbaar. Moodie het die afgelope weke hard gewerk om ekstra gewig af te skud. Die toewyding wat hy getoon het in die wedstryde wat hy gespeel het, is onbetwisbaar.
Die Bulle het min goeie herinneringe van hul besoeke in Kaapstad die afgelope tyd. Maar as Moodie sy kans en die ruimte kry, sal hy waarskynlik goeie spel wil lewer voor sy familie en vriende wat daar sal wees om sy mylpaal te vier.
– SuperSport.com

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article