• Home
  • Sport
  • Langbadgala lewer etlike rekords
Swemmers het die seisoen se tweede Bank Windhoek langbadgalas laas naweek met entoesiasme in Windhoek en twee kusdorpe aangedurf. Foto Nasfed
Swemmers het die seisoen se tweede Bank Windhoek langbadgalas laas naweek met entoesiasme in Windhoek en twee kusdorpe aangedurf. Foto Nasfed

Langbadgala lewer etlike rekords

Swem
Met die Sone 4-swemkampioenskap in sig was die afgelope naweek se deelname net die regte medisyne vir Namibiese swemmers.
Tielman Van Lill
Die Namibiese Watersportfederasie (Nasfed) het sy tweede Bank Windhoek langbadgala vir die 2024-2025-seisoen die afgelope naweek gelykertyd in Oranjemund, Swakopmund en Windhoek aangebied.

Geen rekords is in Oranjemund of Swakopmund behaal nie. Vier swemmers het individuele nasionale ouderdomsrekords by die munisipale swembad in Olympia oortref, naamlik Oelof Badenhorst (Dolphins-swemklub), Patrick Durand (Dolphins), Jessica Humphrey (Aqua-swemklub) en Luke Beukes (Aqua).

Seuns 9 tot 10 jaar, 50 meter borsslag: Oelof Badenhorst 39.63 sekondes (vorige rekord 40.74, Oliver Durand 2018).

Seuns 9 tot 10 jaar, 100 borsslag: Patrick Durand 1 minuut 19.01 sekondes (vorige 1:19.14, sy broer Oliver Durand 2017).

Seuns 9 tot 10 jaar, 100 vlinderslag: Patrick Durand 1:16.16 (vorige 1:20.86, Oliver Durand 2019). Oelof Badenhorst (1:17.67) was tweede ná Durand en het ook die vorige rekord oortref.

Meisies 15 to 16 jaar, 50 rugslag: Jessica Humphrey 29.92 (vorige 30.09, Zanré Oberholzer 10/12/2).

Seuns 15 tot 16 jaar, 50 vryslag: Luke Beukes 23.78 (vorige 24.48, Oliver Ohm 2022).



Aflosrekords

17 tot 18 jaar, gemengde 400-vryslag. Dolphins-swemklub se viertal Robin Engelhard, Maja Brinkmann, Mikayla Geyser en Oliver Durand 3:59.02 (vorige rekord 4:00.63, Namibiese span van 2021, Mikah Burger, Reza Westerduin, Trisha Mutumbulua, José Canjulo).

Meisies 17 tot 18 jaar, 200-wisselslag. Dolphins se kwartet van Nora Schlabitz, Ariana Naukosho, Geyser en Brinkmann behaal 2:17.28 (vorige 2:24.73, Dolphins 2020).



Afrika-lande kom swem

Die 20ste Sone 4-swemkampioenskap sal van 4 tot 8 Desember deur Nasfed by die Olympia-swembad aangebied word.

Suid-Afrika (18 swemmers) en Zambië (21) se spanne vir die avontuur in Windhoek is reeds bekend gemaak. Nasfed hou vandag ‘n nuuskonferensie om meer van sy planne vir Desember se aksie aan te kondig.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-12-22

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!