Kolfvernuf laat Eagles in die steek
Krieket
Ná gister se laaste internasionale eendagwedstryd in Oman keer die Richelieu Eagles met net een sege uit vier huiswaarts.
Namibië se eerste deelname in 2025 aan ‘n driehoekige mini-toernooi in die ICC Wêreldkrieketbeker Liga Twee-reeks (2024 tot 2027) het gister teleurstellend skipbreuk gely.
Afrigter Pierre de Bruyn se span is bestem om van 5 tot 15 Maart die volgende mini-toernooi in Windhoek aan te bied en het op die puntelys ‘n agterstand om in te haal wanneer Kanada en Nederland hier besoek aflê.
Oman het die Richelieu Eagles gister in die laaste ODI in Al Amerat vir net 96 lopies in 33.1 boulbeurte almal uitgeboul. Hoewel die Namibiërs laat wakker geskrik en agt paaltjies geneem het, het die gasheerspan slegs 22.4 boulbeurte nodig gehad om die wenlopies met 100/8 op die telbord aan te teken.
Ondank die Eagles se keuse van ‘n langer lys potensiële kolwers was Nicol Loftie-Eaton se 30 van 54 balle (3x4) hul hoogste telling. Die aanvangskolwers JP Kotzé (1) en Zane Green (6) het nie lank gebly nie en Jan Frylinck (9), Gerhard Erasmus (15), JC Balt (0), Malan Kruger (6) en JJ Smit (0) kon ook geen betekenisvolle vennootskappe bou nie.
Ruben Trumpelmann op nommer nege het twee van die seldsame viere in die kolfbeurt geslaan (14 van 2 balle) en was die laaste kolwer wat uitgehaal is, nadat Jan-Izak de Villiers (1) geboul is, met Bernard Scholtz nie uit nie op 7 (16 balle).
Shakeel Ahmed (4 paaltjies vir 25 in 9 boulbeurte, ekonomie 2.77 per boulbeurt) se linkerarm-draaiballe was die Eagles-kolwers se doodsteek. Hy het saam met Jay Odedra (2/24 in 6, ekon. 4), Aamir Kaleem (2/16 in 10, ekon. 1.66), Siddharth Bukkapatnam (1/26 in 7, ekon. 3.71) en Samay Shrivastav (1/4 in 1.1, ekon. 3.42) die Eagles tot net 2.89 per boulbeurt beperk.
Gerhard Erasmus het soos ‘n kaptein betaam, sy span se terugvegpoging met die bal in die hand gelei. Sy briljante vyf paaltjies vir 34 lopies in 7.4 (ekon. 4.43) getuig van sy kundigheid. Dié boulsyfers is die tweede beste van sy ODI-loopbaan en die tweede keer dat hy vyf paaltjies in ‘n ODI behaal.
Bernard Scholtz (2/31 in 10. ekon 3.1) en JJ Smit (1/3 in 2, ekon. 3) het ook deurbrake gemaak en is met respek behandel nadat hulle in die afgelope reeks gewys het waartoe hulle in staat is, terwyl die Oman-kolwers hul visier onder meer op JC Balt (0/22 in 3, ekon. 7.33) se onervarenheid ingestel het.
Oman het in onlangse ontmoetings min sukses teen die Eagles behaal, maar gister se kolfmislukking gee die Namibiërs veel om oor na te dink. Die geroemde veggees waarvoor die Eagles bekend geword, het eers laat vrugte afgewerp toe Oman se eerste paaltjie op 42/1 geval het en hoewel die gasheerspan uiteindlik agt kolwers sien terugstap het,
Grenshoue: Oman 12 (54 lopies, 9x4, 3x6), Namibië 10 (40 lopies, 10x4).
Amerikaners bly koning kraai
Die voorloper in die reeks, die VSA, het Vrydag in nog ‘n pynlike ervaring 268/9 in 50 boulbeurte opgestel en Namibië (198 almal uit in 42.3) met 70 lopies oorskadu.
Die Yanks het die Eagles tot 4.65 lopies per boulbeurt beperk, terwyl Namibië 5.36 per beurt afgestaan het. Dit was die VSA se vyfde ODI-oorwinning op ‘n streep teen Namibië, wat hulle laas in November 2022 kon ore aansit.
Nadat Gerhard Erasmus die loot gewen en die VSA ingestuur het om eerste te kolf, het Bernard Scholtz met vyf paaltjies vir 22 in tien boulbeurte absoluut briljant geboul. Met tydige deurbrake het hy die eerste vyf VSA-paaltjies op ‘n streep platgetrek om die prentjie van 40/0 tot 165/5 te verander.
Scholtz se vertoning ewenaar sy beste boulsyfers in sy loopbaan en was die tweede keer dat hy vyf paaltjies in ‘n ODI platgetrek het.
Jack Brassell was billik (2/42 in 7, ekonomie 6.0 per boulbeurt). Hy het wel drie viere, vier wydlopers en een foutbal afgestaan.
Ruben Trumpelmann (1/76 in 10.6) was vir ses viere en drie sesse geslaan. Hy het vier wydlopers geboul.
JJ Smit het 1/56 in 10 bewerkstellig en het Jasdeep Singh b.v.p. betrap. Hy het net een wydloper geboul; vier grenshoue en twee sesse is van sy aflewerings aangeteken.
Andries Gous (83 van 105 balle), kaptein Monank Patel (53 van 67 b), Aaron Jones (31 van 27 b) en Sanjay Krishnamurthi (41 van 29 b) het die VSA se meerderheid lopies behaal. Jones en Krishnamurthi se blitsige kolfwerk het dié ODI uit die Eagles se hande laat glip.
Vir Namibië het Zane Green (65 van 90 b; 7x47x4, 2x6) en nommer agt Ruben Trumpelmann (55 van 35 b) uitgeblink. Trumpelmann se vyftigtal is van ‘n haastige 32 balle aangeteken.
Die derde hoogste telling van die Eagles was Nicol Loftie-Eaton se 28 van 49 balle. Ongelukkig is die ervare wedstrydwenners Erasmus (11 van 24 balle) en JJ Smit (1 van 3 balle) uitgevang net toe hulle tot die aanval wou oorgaan.
Saurabh Netravalkar (3/41 in 8.3, ekon. 4.82), Milind Kumar (3/42 in 10, ekon. 4.2) en Jasdeep Singh (2/33 in 8, ekon. 4.12) was werklik ekonomies saam met die res van die VSA-boulers.
Grenshoue: VSA 29 en 130 lopies (22x4, 7x6), Namibië 23 en 98 (20x4, 3x6).
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article