Kanada stuur waarskuwingseine
Krieket
Die eerste bal in die driehoekige eendagreeks van ses wedstryde tussen die krieketspanne van Kanada, Namibië en Nederland sal Woensdagoggend by die Unitedveld in Windhoek geboul word.
Dit is die besoekers se eerste mini-toernooi van die jaar in die ICC Wêreldkrieketbeker Liga Twee-reeks wat van 2024 tot 2027 beslis word.
Dit is die Richelieu Eagles se tweede toernooi vir die jaar, nadat hulle in Februarie teen Oman en die Verenigde State in Al Amerat kragte gemeet het. Ongelukkig kon Namibië net een sege (teen die gasheerspan) bewerkstellig.
Kanada het verlede week reeds met drie eendagwedstryde teen Zimbabwe se B-span die Afrika-lug beproef voordat hulle na Namibië aanbeweeg het. Hoewel die Zimbabwiërs die eerste ontmoeting met vier paaltjies in Harare gewen het, het die besoekers hul staal gewys en die volgende twee 50-beurtbotsings gemaklik ingepalm.
Harare-reeks
In die eerste botsing is Kanada tot 231 vir die verlies van nege paaltjies in 50 boulbeurte beperk. In die tweede kolfbeurt het Zimbabwe A met 232 vir ses die wenteiken in 41.1 boulbeurte vir ‘n vierpaaltjie-sege verbygesteek.
Uitblinkers vir Kanada in dié kragmeting was Kanwarpal Tathgur en Harsh Thaker, wat die middelorde briljant met ‘n soliede vennootskap geanker het. Tathgur het wel ‘n stadige 53 lopies van 83 aflewerings behaal met drie viere en een ses. Maar Thaker het met etlike grenshoue 49 lopies van 48 balle geslaan.
Kanada se veelsydige bouler, Saad Bin Zafar, wat ewe gevaarlik met die kolf is, het twee paaltjies vir 40 lopies in 8.5 boulbeurte platgetrek. Dilon Heyliger was die naasbeste bouler vir die besoekers met ‘n suinige 1/28 in sewe beurte.
• Vrydag met die tweede ontmoeting teen Zimbabwe B is die gasheerspan ingestuur om eerste te kolf nadat hulle die loot verloor het.
Kanada (267/6 in 44.5) kon Zimbabwe nie uitboul nie, wat ‘n stewige 265/9 in 50 beurte opgestapel het. In die tweede beurt was die besoekers Nicholas Kirton en Yuvraj Samra aan die stuur van sake deur elk ‘n vytigtal te slaan. Samra het wel bietjie stadiger gekolf, maar sy 80 van 98 balle (7x4) was ‘n puik vertoning. Kirton (84 van 57, 5x4, 5x6) het die Zimbabwe-boulers die meeste stof tot nadenke gegee.
Dilon Heyliger het Kanada se boulaanval goed met 2/62 in tien beurte gelei. ‘n Naam van wie kenis geneem kan word, is die nuweling naatbouler Jatinderpal Matharu (32 jaar), wat nog geen internasionale eendagwedstryd (ODI) vir Kanada gespeel het nie. Sy 4/49 in agt boulbeurte (een leeg) het die gasheer se vordering belemmer.
• Saterdag het die Noord-Amerikaners opnuut hul uitstappie teen Zimbabwe met sewe paaltjies beklink om die reeks met 2-1 te wen.
Zimbabwe A het weer die loot verloor en moes noodgedwonge gaan kolf en is vir 190 in 46.2 boulbeurte uitgeknikker. Kanada het die wentotaal (191/3 in 25.2 bb) op ‘n drafstap behaal.
Pargat Singh het gewys hoe gevaarlik hy kan wees en het 117 nie uit nie van 78 aflewerings gemoker. Sy vernietigende kolfwerk het 14 viere en vier sesse opgelewer. Aaron Johnson (31 van 44) was ook ‘n belangrike kolwer vir Kanada.
Die naatbouler Akhil Kumar (2/32 in 9 bb) en draaier Shahid Ahmadzai (2/34 in 9.2) was bykans onspeelbaar in die jaagtog na lopies.
• Die Kanada-span volgens kolforde (bevestig): Nicholas Kirton, Aaron Johson, Navneet Dhaliwal, Pargat Singh, Harsh Thaker, Shreyas Movva, Saad Bin Zafar, Akhil Kumar, Parveen Kumar, Shahid Ahmadzai, Dilon Heyliger, Jatinderpal Matharu, Dilpreet Singh Bajwa, Kanwarpal Tathgur, Yuvraj Samra en Ajayveer Hundel.
Nederland
Minder onlangse inligting kon oor Nederland opgespoor word, maar hul hoofafrigter, Ryan Cook, sê hulle span vir die uitdaging in Windhoek is goed gebalanseer.
“Ons sien uit na ons eerste verpligting in 2025 van die ICC Wêreldkrieketbeker Liga 2-reeks in Namibië. Ons het daarin geslaag om ‘n goed gebalanseerde span saam te stel wat by die toestande en teenstanders sal kan aanpas.
“Die groep het baie goed tydens die winter in Nederland geoefen asook verlede maand met ‘n oefenkamp in Kaapstad. In Kaapstad is uitstaande verbetering deur die spelers getoon en die span is gereed vir die uitdaging wat in Windhoek voorlê,” het Cook verduidelik.
Die Oranje-toerspan soos verskaf (bevestig): Colin Ackermann, Noah Croes, Aryan Dutt, Scott Edwards (kaptein), Timm van der Gugten, Viv Kingma, Fred Klaassen, Kyle Klein, Bas de Leede, Michael Levitt, Zach Lion-Cachet, Paul van Meekeren, Teja Nidamanuru, Max O'Dowd en Vikram Singh.
Die wegbreekbouler Zach Lion-Cachet (21) is die enigste nuwe insluiting en het nog geen ODI gespeel nie. Hy het wel in Augustus 2024 vir Nederland in drie internasionale T20-tuiswedstryde teen die VSA en een teen Kanada verteenwoordig. Hy het 4/80 in die vier wedstryde geneem en 33 lopies aangeteken.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article