• Home
  • Sport
  • Glasgow bied ‘n welkome uitweg

Glasgow bied ‘n welkome uitweg

Statebondspele
Tielman Van Lill
Skotland en meer spesifiek Glasgow sal oor minder as twee jaar opnuut sportvroue en mans van oraloor die wêreld verwelkom wanneer die 2026 Statebondspele daar aangebied word.

Die voortbestaan van die Spele was in weegskaal nadat die Australiese staat Victoria weens ‘n verwagte styging in die koste onttrek het. Nadat Victoria in Julie 2023 sy oonttrekking bekend gemaak het, het Maleisië en Singapoer ook geweier om in te tree.

Die Statebondspelevereniging (CGF) het Glasgow toe genader om weer die Spele aan te bied. Die stad word vir die projek deur die Skotse regering ondersteun.

As ‘n troosprys sal die Australiese Statebondvereniging £2.3 miljoen bydra om uitgawes te help dek. Die totale begroting van die 2026 Spele sal na verwagting sowat 114 miljoen pond (£) wees.

In 2014 was die Spele in Glasgow se begroting £543 miljoen vir ‘n skouspel wat deur die organiseerders as die beste ooit geprys is.

Dié stad was in 2014 die gasheer vir die historiese byeenkoms met bykans 5 000 atlete van 71 lande, terwyl Birmingham, Engeland, in 2022 die mees onlangse weergawe aangebied het.

In 2026 sal die multisport-pronkstuk weens stygende koste veel kleiner wees, met ‘n vermindering in die sportkodes en atlete. Tans word tien sportkodes aanbeveel - wat steeds ‘n kompetisie van formaat kan verseker.

Twee verpligte sportsoorte, atletiek en swem, sal onderskeidelik by die Scotstoun-stadion en Internasionale Tollcross-swemsentrum aangebied word. Die ander sportkodes, venues asook datums van die 2026 Spele is nog nie vasgestel nie.

Die oorspronklike tydperk vir die Spele in Australië was van 17 tot 29 Maart geskeduleer, maar met die dikwels ongure Skotse weer in gedagte sal die datums beslis verander. Die 2014-byeenkoms was van 23 Julie tot 3 Augustus aangebied.

Ander internasionale sportgebeure waarvan die datums met die 2026 Spele kompeteer, sluit in die multisport Europese Kampioenskap (30 Julie tot 9 Augustus) en Wêreldbeker-sokkertoernooi (11 Junie tot 19 Julie). Die Hokkiewêreldbeker vir mans en Sewesrugby-wêreldbeker is ook gebeure wat die 2026 Spele kan beïnvloed.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2025-01-15

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!