Gedeelde reeks wys Wittmann se Eagles vorder
Krieket
Spannende laaste boulbeurte was 'n sprekende voorbeeld van die aksiebelaaide en mededingende reeks.
Die Namibiese vrouekrieketspan, die Capricorn Eagles, het belowende vordering getoon toe hulle vandeesweek die reeks van ses wedstryde teen Uganda met drie-elk gedeel het.
Vir die eerste keer in die reeks van ses T20-wedstryde het die tweede kolfspan Dinsdagmiddag by Krieket Namibië se HP-ovaal 'n suksesvolle lopiejaagtog van stapel gestuur, toe Uganda (140 vir vier in 20 boulbeurte) die Capricorn Eagles (139/4 in 20 boulbeurte) met ses paaltjies geklop het.
Die toeriste het die wenlopies eers van die laaste bal van die wedstryd aangeteken, met oorgooilopies van die Namibiërs wat ongelukkig bygedra het dat die Ugandese uit verligting kon feesvier.
Die spannende einde was nietemin ‘n sprekende voorbeeld van ‘n aksiebelaaide reeks wat deurgaans mededingende en opwindende laaste boulbeurte gelewer het.
Uganda het Dinsdagmiddag die loot gewen en gekies om te boul.
Namibië se kaptein, Suné Wittmann, was sommer dadelik aanvallend (21 van 13 balle, 3x4, 1x6), terwyl haar mede-aanvangskolwer Kayleen Green die hoogste telling behaal het met 48 van 61 balle (7x4).
Bianca Manuel is goedkoop uitgevang (1), maar Yasmeen Khan het een ses en vier viere geslaan vir 'n 33-bal kolfbeurt van 35 lopies.
Mekelaye Mwatile het onoorwonne op 6 (5 balle) geëindig terwyl haar suster Wilka Mwatile drie sesse en drie viere vir 21 nie uit van net 7 balle gemoker het.
Die aanvangskolwer Esther Iloku se 36 van 26 balle (6x4) het Uganda se telling tot 68/4 ná 10.2 boulbeurte laat opskuif voordat sy deur Eveleen Kejarukua gevang en geboul is.
Die speler van die wedstryd Stephanie Nampiina (39 nie uit 30 balle nie) gekombineer met Ritah Musamali (40 van 46) in 'n goed beoordeelde vennootskap.
Wipplank-wedstryde
Die Oos-Afrikane het vroeg in Maart as gasheerspan in Entebbe onoorwonne in twee T20-wedstryde teen elke opponent in ‘n vierhoekige reeks (ook met Hongkong China, Namibië en Nepal) geseil en ook die finaal teen die Eagles op ‘n drafstap gewen.
Toe Uganda die reeks in Windhoek weer met die eerste twee oorwinnings afgeskop het, al was dit met die piepklein verskille van twee lopies en vyf lopies, wou dit lyk asof hulle opnuut die oorheersende krag sou wees.
Suné Wittmann se Eagles het egter hul vasberadenheid en voortdurende werk aan hul vaardighede ten toon gestel deur die volgende drie kragmetings op ‘n streep te wen.
Wedstryd 1: Uganda (98/5) klop Namibië (96/6) met twee lopies. Speler van die wedstryd: Esther Iloku (Uganda)47 van 54 balle.
Wedstryd 2: Uganda (95/5) klop Namibië (90/7) met vyf lopies. Speler van die wedstryd: Immaculate Nakisuuyi (Uganda) 19 van 38 balle en 1/17.
Wedstryd 3: Namibië (124/5) klop Uganda (101/4) met 23 lopies. Speler van die wedstryd: Kayleen Green (NAM) 48 van 42 balle (5x4 2x6)
Wedstryd 4: Namibië (114/8) klop Uganda (193/6) met 21 lopies. Speler van die wedstryd: Suné Wittmann (NAM) 54 van 43 balle (6x4 2x6) en een uithardloop.
Wedstryd 5: Namibië (126/6) klop Uganda (125 almal uit) met een lopie. Speler van die wedstryd: Mekelaye Mwatile (NAM) 60 van 49 balle (6x4 2x6) en 3/24 (3.5 bb).
Uitblinkers
Wilka Mwatile van Namibië het die toekenning as speler van die reeks ontvang.
Die reeks se toptien lopiemakers:
1 Esther Iloku (Uganda) 147 lopies (kolftempo 93.04).
2 Kayleen Green (NAM) 145 lopies (kolftempo 79.23).
3 Suné Wittmann (NAM) 127 lopies (kolftempo 105.83).
4 Stephanie Nampiina (Uganda) 126 lopies (kolftempo 104.13).
5 Wilka Mwatile (NAM) 102 lopies (kolftempo 105.15).
6 Ritah Musamali (Uganda) 95 lopies (kolftempo 78.51).
7 Mekelaye Mwatile (NAM) 87 lopies (110.13).
8 Yasmeen Khan (NAM) 83 lopies (kolftempo 87.37).
9 Janet Mbabazi (Uganda) 71 lopies (kolftempo 101.43).
10 Immaculate Nakisuuyi (Uganda) 66 lopies (kolftempo 56.41).
Die reeks se voorste paaltjienemers:
1 Consylate Aweko (Uganda) ses paaltjies; beste 2/10.
2 Wilka Mwatile (NAM) ses paaltjies; beste 2/16.
3 Sarah Akiteng (Uganda) ses paaltjies; beste 3/6.
4 Mekelaye Mwatile (NAM) ses paaltjies; beste 3/24.
5 Eveleen Kejarukua (NAM) ses paaltjies, beste 1/12.
6 Janet Mbabazi (Uganda) ses paaltjies; beste 2/32.
7 Arrasta Diergaardt (NAM) ses paaltjies; beste 3/20.
Volgende
Uganda en Namibië speel ook een 50-boulbeurt vandag (Donderdag) by die HP-ovaal vanaf 09:30.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article