• Home
  • Sport
  • Eerste treë na 2025 se groot WB-stryd gegee

Eerste treë na 2025 se groot WB-stryd gegee

Rugby
Andrew Poolman
‘n Stewige groep spelers wat in die afgelope klubseisoen van die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga uitgeblink het, is opgeroep om sedert gisteraand die nasionale oefenkamp by te woon.

“Die NRU stuur met graagte die uitnodiging aan die volgende spelers om die komende nasionale oefenkamp by te woon, Die inisiatief vorm deel van ons voorbereiding vir komende kompetisie en ons is opgewonde dat hierdie talentvolle spelers by ons kan aansluit om Namibië op die hoogste vlak te verteenwoordig. Ons maak staat op klubs se samewerking om die sukses van die nasionale te help verseker.”

Die NRU het aangekondig dat hy vanoggend ‘n nuuskonferensie hou om lig op sy toekomsplanne en komende mikpunte te werp.

Dit is ‘n ope geheim dat die NRU se paaie in die afgelope weke van Allister Coetzee (tot nou die nasionale hoofafrigter en direkteur van rugby) geskei het. Coetzee is in 2021 aangestel. Woelinge agter die skerms om geskikte plaasvervanger/s vas te knoop, is redelik stil gehou, met die name van bekende voormalige Namibiese toetsspelers wat in die wandelgange gehoor is, hoewel amptelike bekendmakings hieroor teen vandag verwag word.

Gelyste onderwerpe vir vandag se nuuskonferensie sluit in “sleutelbesonderhede van ons rugbyprogram in die opbou na die die 2027 Wêreldbeker-kwalifiseringstoernooi vir Afrika-lande, wat in Julie 2025 (in Kampala, Uganda) gespeel sal word.

“Komende kompetisies, voorbereidings van nasionale spanne en opwindende ontwikkelings vir die versterking van die pad boontoe wat vir Namibiese rugbyspelers uitgelê is”, behoort ook bespreek te word.

Die genooide spelers vir die nasionale oefengroep:



Stutte: Nelius Theron, Renard Hattingh, Bernd Beddies (almal Grootfontein); Dwayne Alexander (Reho Falcon); Anthony Hoebeb en Craig Swartz (Kudus); Kevin Cloete (Rehoboth); Jason Benade, Otja Auala; Graham April, Hilwen Fourie (Unam); Jano Otto, Johan Brockman (United); Herschell van Wyk, Iyambo Tshuuya, Ignus Tripodi (Wanderers); Gerhard Opperman (tevore United).

Hakers: Wikus Jacobs (Grootfontein); Zwandre Viviers (Kudus); Edward Drotsky (Rehoboth); Gerhard Thirion (Unam); Obert Nortje (Wanderers)

Slotte: Kenneth Seibeb, Joshua Jacobs, Tertius Arangies (Kudus); Diamando Tjombe (Unam); Zander Bronkhorst (United); William Lottering, Brendan Nortje (Wanderers); Jerome Schumann (Reho Falcon).

Losvoorspelers: Pieter Daan Kok, Johan Luttig (beide Grootfontein); Joe Losper, Cameron Markus (beide Reho Falcon); Cameron Langenhoven, Lezardo Vos, Diandre Plaatjie (Kudus); Ray-Eez Feris (Rehoboth); Viery Haufiku, Kistings Minyoi, Conwill Draghoender, Rowan Jansen, Gilad Plaatjies (Unam); Feddy Mazila, Thehard Lintvelt, Rudi Pieters (United); Prince !Gaoseb, Adriaan Booysen, Peter Diergaardt, Ferion Beukes, Darius von Solms, Sheron Rossouw (Wanderers); Dhale Cloete (Western Suburbs).

Skrumskakels: Rayton Paulse (Kudus); Miguel Busch (Rehoboth); Andrew (AJ) Kearns, Willon du Plessis (Unam); Jahno du Plessis (United); Jacques Theron, Reben Botha (Wanderers)

Losskakels: Michael Koopman (Kudus); Raschano van Rooi, Ce-Jay Coetzee, Johannes Mwenyo (Unam); Geraldo Beukes, Denzo Bruwer (Wanderers)

Senters: PJ Walters, Suramie Kambombo (Kudus en Namibië o.20, 2024); Hillian Beukes (Rehoboth); Alcino Izaacs, Kieron Diergaardt, Camlo Martin (Unam); JD Nel (United); Danco Burger, Johan Deysel, Natie Janse van Rensburg (Wanderers); JP van Wyk (Reho Falcon en Namibië o.20).

Vleuels en heelagters: Lloyd Jacobs, Irongwa Atshivudi, Ashton Mukwiilongo (Kudus); Dolano Vries (Rehoboth) en Manfred Garoeb (Rehoboth en Namibië o.20); Lesley Klim, Quirione Majiedt, Shareave Titus, Aljarreau Zaahl (Unam); Wyatt Brooks en Elmarco Beukes (Western Suburbs); Nandivatu Karuuombe, Nico Maartens, Warren Ludwig, Jurgen Meyer, Tareekuye (Tolley) Tjipute (Wanderers).

Ander byvoegings van genooide spelers wat hulle tans in die buiteland bevind, sluit in die loskopstut Sidney Halupe (Wits, tevore Kudus); hakers Gihard Visagie (Isle of Man), JC Rossouw (Pukke) en Frikkie Engelbrecht (Pukke); vaskopstut Ian Klitzke (CUT en Namibië o.20 2024); slotte MJ Atkinson (Juvenia Krakow, Pole) en HJ de Beer (Vrystaat-Cheetahs) en agtstemen Ben Burger (Pumas en Namibië o.20 2024).

Spelers wat hulle in die buiteland bevind, word versoek om met die nasionale spanbestuurder Wessel Kotze kontak te maak.

Comments

Namibian Sun 2025-01-09

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!