• Home
  • Sport
  • Durand, Huang, Scheuermann woeker in kortbad

Durand, Huang, Scheuermann woeker in kortbad

Swem
Tielman Van Lill
Die Namibiese Watersportfederasie (Nasfed) en Bank Windhoek se tweede nasionale kortbadgala vir die 2024-seisoen is die afgelope naweek by drie venues (Dolphins-swemklub by Windhoek Hoërskool, asook op Swakopmund en Oranjemund) gehou.

Die Sand Sharks-swemklub in Oranjemund en The Cube in Swakopmund het terselfdertyd as die Windhoekers hul kortbadkompetisies aangebied. Die organiseerders kombineer die uitslae van al drie byeenkomste om die algehele resultaat van die naweek se aksie op te stel.

In die hoofstad het Aqua-swemklub, Dolphins en Marlins-swemklub sake uitgespook, terwyl Swakopmund-swemklub en die Sand Sharks in hul plaaslike derby die water laat spat het.

Dertien Namibiese nasionale ouderdomsrekords is in Windhoek verbeter. Oliver Durand van Dolphins met drie, Morten Scheuermann van Marlins (2) en Guoxuan Huang van Dolphins (3) is die individuele rekordbrekers.

Durand het drie van sy eie rekords in die ouderdomsgroep vir seuns 15-16 jaar laat spat. Hy het sy 200 meter-vryslagrekord van 1 minuut 54.34 sekondes tot 1:54.27 herskryf; sy 800 m-vryslagrekord van 8:41.69 met 8:28.32 verpletter en sy 200 m-individuele wisselslagrekord van 2:07.19 met 2:06.78 verbeter.

Scheuermann (mans 45 jaar en ouer) het twee van Johan Bekker se rekords verbeter. Bekker se 100 m-rugslagrekord (1:22.75) en 100 m-individuele wisselslag (1:24.72) lees nou onderskeidelik as 1:21.59 en 1:21.13.

Huang (seuns onder agt) het twee van Patrick Durand en een van Oliver Durand se rekords met uitstekende uitslae verbeter. Patrick se 50 m-vlinderslag (40.23 sekondes) is af na 39.70 en sy 100 m-individuele wisselslag (1:31.49) staan nou op 1:27.20.

Oliver moes toesien hoe Huang sy 200 m-individuele wisselslagrekord met bykans tien sekondes van 3:19.16 tot 3:09.47 laat spat.

Vyf Namibiese aflosrekords is deur Aqua en Dolphins behaal.

200 m-vryslag (meisies 15-16 jaar): Q. Benade, M. Bergh, A. Kapapa, J. Humphrey van Aqua teken 1:59.63 aan om die vorige rekord van Dolphins (1:59.90) te hersien wat deur A. Naukosho, C. Steyn, L. Kinnaird en M. Brinkmann opgestel was.

200 m-vryslag (seuns 9-10 jaar): Nuwe rekord 2:17.20 deur P. Durand, Z. Thirion, J. Coetzee, D. Badenhorst van Dolphins. Die voorige beste merk (2:26.79) het agter die name van R. McNamara, J. Langford, N. Jiao en L. Ellis van Dolphins gestaan.

200 m-vryslag (meisies 9-10 jaar): Nuwe rekord 2:30.71 deur Dolphins se M. Imbondi, J. Oudshoorn, A. Stoffberg en S. Glen-Spyron. Vorige rekord 2:38.08 deur Dolphins se S. McNamara, L. Verwey, A. McNab en C. Kalemeera van Dolphins.

400 m-gemengde wisselslag (meisies en seuns onder 10): Nuwe rekord 5:34.93 deur D. Badenhorst, J. Oudshoorn, P. Durand en S. Glen-Spyron van Dolphins. Vorige rekord 6:00.06 deur Aqua se L Esterhuizen, L Nitsche, E Nakaleke en A Kapapa.

200 m-vryslag (meisies o.8): 3:05.03 deur S. Husselmann, D. McNamara, N. Nuoan en C. De Kock van Dolphins.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2025-01-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 21° | 32° Oshakati: 23° | 29° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 34° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 19° | 23° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!