• Home
  • Sport
  • Beter vertoning goed genoeg om Kenia te bêre

Beter vertoning goed genoeg om Kenia te bêre

Rugby
Met genoeg punte in die eerste helfte het die Namibiese span uiteindelik gemaklik gewen.
Andrew Poolman
‘n Tydige wekroep by die Rugby Afrika-bekertoernooi, waar die Namibiese span vir die eerste keer met die bronsmedalje tevrede moes wees, is iets waarop ag geslaan sal moet word om oor die komende maande en jare die grondslag vir die vereiste verbetering te lê.

Die Namibiërs het gister in Uganda se hoofstad Kampala hul veldtog op ‘n beter noot afgesluit deur Kenia met 38-29 te klop, ná ‘n oorheersende 26-5 voorsprong met rustyd.

Die spoke van die nederlaag met 10-32 in die semifinaal teen Zimbabwe enkele dae tevore is nog nie begrawe nie. Die Zimbabwiese Sables het Algerië (in sy geskiedkundige eerste eindstryd) gister met ‘n uitbundige vertoning verslaan (29-3), wat algemeen as die beloning bestempel word vir die buurland se sistematiese opgang om sy individuele spelers en spanne van jongs af meer kompeterend te maak.

Die jarelange tradisionele voorsprong wat Namibiese spanne teen Zimbabwe geniet is, is beslis nie meer ‘n gegewe nie.

Afrigter Allister Coetzee se jong span het gister met ooglopende selfvertroue gespeel en het van vroeg af met persentasierugby sy stempel op Kenia afgedwing.

Denzo Bruwer (losskakel) het met heelwat meer selfversekerdheid as in die vorige weke sedert die wedstryde teen die Blou Bulle en Portugal gespeel. Met drie strafdoele het hy sy span met 3-0, 6-5 en 9-5 voor geplaas.

Die sterk regtervleuel Beldad Ogeta het Kenia se eerste drie in die hoek afgerond ondanks Jay-Cee Nel se poging om vir die tweede keer in die beweging wat uit die Keniaanse helfte begin het, ‘n reddende laagvat uit te voer.

Ná 27 minute het die 21-jarige regtervleuel Quirione Majiedt op sy twee drieë teen Burkina Faso voortgebou, nadat Ruan Ludick, Jay-Cee Nel en Peter Diergaardt prominent in die opbouwerk was. Met Bruwer se doelskop is die eerste betekensivolle puntegaping geskep (16-5).

Die Namibiërs was vuurwarm toe Lloyd Jacobs die afskop raakvang en deurbreek, maar van die volgende fase het Jay-Cee Nel se binne-aangee uit Danco Burger se hande geglip vir wat nog ‘n sekere drie moes wees.

Namibië het op die aanval gebly en ‘n strafskop binne trefafstand afgedwing, maar ‘n tikskoppie het die Keniane verras en linkervleuel Lloyd Jacobs het verby vier manne binnetoe getrap vir ‘n aanskoulike toetsdrie.

Die hoek was ook nie te skuins vir Bruwer se doelskop nie en hy het kort daarna nog ‘n strafdoel bygevoeg vir die rustydtelling 26-5.



Twee drieë ná rustyd

Afrigter Jerome Paarwater se Keniaanse span het met die eerste drie teruggekap wat deur hul voorspelers se stormlope naby die doellyn moontlik gemaak is. Hul losskakel Abutwalib Wesonga se doelskop en nog ‘n strafdoel het die telling tot 26-15 laat krimp.

Die ondernemende vermoë op die teenaanval in die middelveld toe ‘n half belowende Kenianse beweging met ‘n aanslaan skipbreuk ly, het die bal deur die hande van Haitembu Shikufa, Obert Nortje en Bruwer in die hande van Jay-Cee Nel geplaas, wat ‘n rolskop in die pad van sy regtervleuel gestuur het. Nandi Karuuombe, wat vroeër in Majiedt se plek opgestuur is, het haastig after die pale gaan afrond. Bruwer het oorgeskop (33-15).

Optel-en-dryfspel het Kenia sy volgende verdoelde voorspelerdrie besorg, voor die Namibiërs weer ‘n kans vir ‘n drie afgerond het. Skrumskakel Jacques Theron het gesien dat Lloyd Jacobs onbewaak is en was op sy skouer om van die binne-aangee te gaan druk. Bruwer se doelskop was mis wat die totaal tot 40 kon opdruk, voordat Kenia die laaste sê met ‘n vasberade aanval deur sy agterspelers gehad het.

Aan die Namibiese kant is die kaptein Danco Burger kort voor rustyd deur Oela Blaauw vervang, nadat Burger se gereedheid ná ‘n stamp teen die kop getoets is.

Comments

Namibian Sun 2024-09-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.58 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.56 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.56 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.22/OZ UP +0.96% | Copper US$ 4.32/lb UP +0.10% | Zinc US$ 2 917.50/T DOWN -0.66% | Brent Crude Oil US$ 74.54/BBP DOWN -0.0047 | Platinum US$ 984.48/OZ UP +0.18% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.58 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.56 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.56 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.22/OZ UP +0.96% | Copper US$ 4.32/lb UP +0.10% | Zinc US$ 2 917.50/T DOWN -0.66% | Brent Crude Oil US$ 74.54/BBP DOWN -0.0047 | Platinum US$ 984.48/OZ UP +0.18%