• Home
  • Sport
  • Bathfield, Steyn storm na kampioenskaptitels
Van links is Loic Bathfield en Johan Steyn (wenners) saam met Horacio Rietz en Ekko Eisenberg (tweede). Foto Tielman van lill
Van links is Loic Bathfield en Johan Steyn (wenners) saam met Horacio Rietz en Ekko Eisenberg (tweede). Foto Tielman van lill

Bathfield, Steyn storm na kampioenskaptitels

Tydrenne
Tielman Van Lill
Die Namibiese nasionale tydrenkampioenskap is verlede naweek met die vyfde en laaste rondte by Swakopmund afgehandel.

Met die kampioenskapsreeks agter die rug is die finale puntestand vir bestuurders en navigators in beide sedan- en veldklasse bekend.

Die veldafdeling was verreweg meer mededingend en die klas is besig om met gewildheid al meer veld by jaers in Namibië te wen.



Bathfield en Steyn vat die koek

Loic Bathfield en Johan Steyn het vier uit die vyf kompetisies in die CR-klas met sy CR2 V8-Century Racing CR6 gewen, hoewel hy die een by Tsumeb misgeloop het. Bathfield (125 punte) en Steyn (124) is onderskeidelik jaer- en navigatorkampioen in die veldafdeling.

In die tweede posisie het Ekko Eisenberg en Horacio Rietz ‘n foutlose vertoning in sy CR1-klas V8-JAC gelewer en 125 punte vir ‘n algehele tweede plek opgeraap. Rietz met 123 punte eindig algeheel tweede as navigator.

Vir die derde plek het Werner Bartsch (102 punte) en Christel Fourie (81) die afgelope jaar in die CR2-klas gejaag, maar tydens die laaste ronde met sy nuut aangeskafte CR2 V8-Landy sy stempel afgedruk. Hy en Fourie behoort aanstaande jaar nog meer kompeterend te wees.

Etienne van den Heever en Willy van Wyk is terug en kan volgende jaar puik mededinging vir Bathfield in sy CR2-klas V8-BAT Venom bied.

Zachary Martin is die Namibiese asook S2-kampioen in sy VW Polo met 126 punte, terwyl sy navigator, Anique Schoeman (129 punte) die navigator-kampioen is.

Pieter Greeff en JP Robinson (S1-klas) het net drie van die vyf tydrenne met sy Toyota Corolla voltooi, maar Greeff het nogtans dié klas oorheers en algeheel tweede met 61 punte geëindig. Robinson (62 punte) eindig algeheel tweede ná Schoeman as navigator.

Allan Martin en Maretha Olivier het net aan twee tydrenne met sy S4-Skoda R5 deelgeneem en Martin eindig algeheel derde op 51 punte. Olivier (56 punte) raap algeheel die derde posisie as navigator op.



So eindig kampioenskap vir bestuurders

CR-klas algeheel: 1 Loic Bathfield (124), 2 Ekko Eisenberg (122), 3 Werner Bartsch (102).

CR1: 1 Ekko Eisenberg (122), 2 Chrizelda Engels (62), 3 Willie Schoeman (43).

CR2: 1 Loic Bathfield (124), 2 Werner Bartsch (102), 3 Jandré Dippenaar (50).

S-klas algeheel: 1 Zachary Martin (126), 2 Pieter Greeff (61), 3 Allan Martin (51).

S1: 1 Pieter Greeff (61), 2 Dewet du Plessis (48), 3 Richard Himmel (31).

S2: 1 Zachary Martin (126), 2 Peer Röhm (47), 3 Gert Coetzee (46).

S4: Allan Martin (51), Wilro Dippenaar (28, een tydren), 3 Stefanie Botha (17).



Navigatorskampioenskap

CR-klas algeheel: 1 Johan Steyn (124), 2 Horacio Rietz (123), 3 Christel Fourie (81).

CR1: 1 Horacio Rietz (124), 2 Chané Havenga (61).

CR2: 1 Johan Steyn (124), 2 Christel Fourie (81), 3 Ruan de Lange (63).

S-klas algeheel: 1 Anique Schoeman (129), 2 JP Robinson (62), 3 Maretha Olivier (56).

S1: JP Robinson (62), 2 Adolf Botes (31), 3 Armandt Swart (28).

S2: 1 Anique Schoeman (129), 2 Raymond Fourie (38).

S4: 1 Maretha Olivier (56), 2 Amanda Hugo (19).

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2025-01-09

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!