• Home
  • Sport
  • Bathfield en Martin baas van die plaas by Swakop

Bathfield en Martin baas van die plaas by Swakop

Tydrenne
Die Walvisbaai-klub het opnuut 'n suksesvolle byeenkoms by die buurdorp se baan aangebied.
Tielman Van Lill
Die M&Z Swakopmund-tydren was Saterdag weer ‘n reusesukses, maar sewe van die 12 spanne in die sedanklas (S1 tot S4) kon weens meganiese probleme nie die kompetisie voltooi nie.

Loic Bathfield en navigator Johan Steyn het die veldklas (CR2) in 51 minute 38 sekondes gewen en Allan Martin en Maretha Olivier die sedanafdeling (S4) in 52:41 opgeraap.

Die ongevalle in die veldklas (CR1 en CR2) was net drie, terwyl tien van die 13 spanne die 13 spesiale sneldele (SS) suksesvol voltooi het.



Veldafdeling

Die gewilde afdeling is in geheel deur die inskrywings in die CR2-klas oorheers.

Bathfield en Steyn was onstuitbaar in sy V8-Century Racing CR6, met Etienne van den Heever en Willy van Wyk tweede in 56:12 in Van den Heever se eerste deelname met sy V8-BAT Venom in ‘n plaaslike kompetisie.

Ruaan Viviers en Cecil Koorts (V8-Renault Duster) was derde in 62:29.



Sedanafdeling

Martin (S4-Skoda R5) is gevolg deur Dewet du Plessis en Armandt Swart (S1-Toyota Corolla) in 68:01, met Peer Röhm en Pieter Steyn (S2-Ford Escort MK2) derde in 68:11 op die stophorlosie.



Uitslae

Algehele beste drie tye: 1 Bathfield/Steyn (CR2, 51:38), 2 Martin/Olivier (S4, 52:41), 3 Van den Heever/Van Wyk (CR2, 56:12).

Veldafdeling

CR2-klas: 1 Bathfield/Steyn, 2 Van den Heever/Van Wyk, 3 Viviers/Koorts.

CR1-klas (bakkies): 1 Ekko Eisenberg/Horazio Rietz (V8-JAC, 73:40), 2 Chrizelda Engels/Ruan de Lange (V8-Nissan Hardbody, 76:10), 3 Madeleine Koegelenberg/Chané Havenga (V6-Ford Courier, 84:27).

Sedanafdeling, algeheel: 1 Martin/Olivier, 2 Du Plessis/Swart, 3 Röhm/Steyn.

Sedanafdeling, S4-klas: 1 Martin/Olivier.

Sedanafdeling, S2-klas: Röhm/Steyn.

Sedanafdeling, S1-klas: 1 Eugene Swart/Phillip Stoman (Toyota RunX, 85:19).

Onttrekkings, CR-klasse: Dirk Redman/Frikkie Koegelenberg (CR2, Toyota Hilux), Rian Kritzinger/MP Pretorius (CR2, V8-Ford Ranger), Attie de Jager/Frikkie Engelbrecht (CR1, V6-Ford Courier).

Onttrekkings, sedanklas S1: Gerhard Visser/Geraldine Swart (Toyota Tazz), Pieter Greeff/JP Robinson (Toyota Corolla).

Onttrekkings, sedanklas S2: Wido Bartsch/Raymond Fourie (VW Polo), Jaco Coetzer/Koos Coetzer (VW Golf MK1), Hanré Myburgh/Anton Myburgh (VW Polo).

Onttrekkings, sedanklas S4: Stefanie Botha/Amanda Hugo (Subaru Impreza), Tinus Malan/Dian van der Merwe (Audi TT Quatro).

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-12-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!