• Home
  • Sport
  • Anri, Martin bobaas van die gruispad
Agter van links staan Elanor Grassow, Michelle Döman, Maike Bochert en Nicola Fester. Voor is Brandon Plaatjes, Martin Freyer en Danzel de Koe. Die elite vrouekampioen Anri Greeff was afwesig. Foto Stefan Oosthuizen
Agter van links staan Elanor Grassow, Michelle Döman, Maike Bochert en Nicola Fester. Voor is Brandon Plaatjes, Martin Freyer en Danzel de Koe. Die elite vrouekampioen Anri Greeff was afwesig. Foto Stefan Oosthuizen

Anri, Martin bobaas van die gruispad

Fietsry
Tielman Van Lill
Die gewilde 2024 Gravel & Dirt-bergfietsreeks, ondersteun deur Hollard, is afgehandel en die kompetisie se getroue deelnemers is die afgelope naweek vir hul harde werk by die jaarafsluiting en prysuitdeling beloon.

Die reeks se ses kompetisies was by Vaalgras (140 ryers), Little Las Vegas (210), Friedenau (150), Weskus-uitdaag (270), Otjiwa (220) en Okajo (195) aangebied.

Om vir pryse in aanmerking te kom, moes deelnemers minstens vier van die ses kompetisies suksesvol voltooi het. Waar deelnemers al ses gery het, was die punte van hul vier beste uitslae gebruik.

Weens die groeiende belangstelling wêreldwyd in bergfietsrenne op ‘n gruispad, sal Namibië ook sy gewig toenemend by die sportkode ingooi.

Johan Pretorius, die organiseerder van die Gravel & Dirt-reeks, het by die prysuitdeling gesê: “As ons vorentoe kyk na 2025, sal ons die aantal Gravel & Dirt-renne afskaal, met 'n maksimum van vyf byeenkomste in die reeks.

“Die uitbreiding van gruisfietsrenne vir volgende jaar sluit in dat die bestaande Khomas100 ook deur die Namib100 aan die Weskus en die Erongo100 in die Omaruru-gebied aangevul gaan word. Let wel dat hierdie drie kompetisies nie deel van die Gravel & Dirt-reeks is nie.

“Ons is ook opgewonde om die bekendstelling van die kampioenskap vir die beste fietshandelsmerk in die Gravel & Dirt-reeks aan te kondig. Dit sal soortgelyk funksioneer as die vervaardigerskampioenskap by Formule 1-renne. Punte vir die fietshandelsmerke sal ophoop op grond van hul prestasie in die algemene klassifikasie. By die 2025 prysuitdeling sal die beste fietshandelsmerk se kampioentrofee saam met 'n paar ander verrassings toegeken word!”

Nog ‘n toevoeging vir 2025 is die kampioenskap vir spanborge wat op dieselfde grondslag as die vervaardigerskampioenskap sal werk. Borge sal dus puik erkenning vir hul lojale ondersteuning kry.

Pretorius het die goeie nuus met Sport Wrap gedeel dat geen inskrywingsgeld vir volgende jaar se vyf Gravel & Dirt-kompetisies gevra sal word nie.

“Hollard gaan die inskrywings vir 2025 borg en bergfietsryers van enige ouderdom of agtergrond kan gratis hul talent by die Gravel & Dirt-byeenkomste gaan ten toon stel. Baie dankie aan Hollard vir hul volgehoue ondersteuning,” het Johan gesê.

Daar is 35 ryers wat volgende jaar met ‘n naambordjie pleks van ‘n resiesnommer op hul bergfietse tydens ‘n byeenkoms sal kan spog. Hulle het hiervoor gekwalifiseer deur vanjaar elk van die ses Gravel & Dirt-kompetisies suksesvol te voltooi, óf was die algehele wenners in hul onderskeie afdelings.

Die vernaamste pryse vir 2024:



Marathon

Elite vroue: 1 Anri Greeff.

Elite mans: 1 Martin Freyer, 2 Danzel de Koe, 3 Brandon Plaatjes.

Subveteraan vroue: 1 Nicola Fester, 2 Michelle Doman, 3 Corné van Wyk.

Subveteraan mans: 1 Drikus Coetzee, 2 Hardus Nel, 3 Jafet Amukushu.

Veteraanvroue: 1 Maike Bochert.

Veteraanmans: 1 Ingram Cuff, 2 Marcel Surén, 3 Stephan Schoeman.

Meestersvroue: 1 Elanor Grassow, 2 Anneke Steenkamp.

Meestersmans: 1 Clinton Hilfiker, 2 Therald Murch, 3 Nick du Plessis.

Grootmeestersvroue: 1 Karin Brockmann.

Grootmeestersmans: 1 Frank Snyman, 2 Eckhard Waldschmidt, 3 Douw du Preez.

Rhino-klas (90 kg plus): 1 Fanna Lambert, 2 Adriaan Cloete, 3 Franco Husselmann.

Algehele topdrie vroue: 1 Anri Greeff (Hollard), 2 Nicola Fester (Cymot), 3 Michelle Doman (FLM).

Algehele topdrie mans: 1 Martin Freyer (Hollard), 2 Danzel de Koe (Hollard), 3 Brandon Plaatjes (Mannie’s Bike Mecca).



Halfmarathon

Junior meisies: 1 Rosemarie Thiel, 2 Jané Engelbrecht, 3 Qara Volschenk.

Junior seuns: 1 Christiaan van der Westhuizen, 2 Matti Lukaschik, 3 Karl-Nikolai Lisse.

Vroue 17 tot 34 jaar: 1 Jacky Shipena, 2 Marsha Nel, 3 Nicci Odendaal.

Mans 17 tot 34 jaar: 1 Simon Johannes, 2 Geoffrey Erasmus, 3 Jandré Cornelissen.

Vroue 35 tot 49 jaar: 1 Marcelle Eloff, 2 Nadine Gerber, 3 Martina Gaike-Neuburg.

Mans 35 tot 49 jaar: 1 Antony Drotsky, 2 Roland Neuburg, 3 Bryn Stafford-Evans.

Vroue ouer as 50: 1 Marlene Reichel, 2 Bibi Cornelissen.

Mans ouer as 50: 1 Tiaan Nel, 2 James Cutts, 3 Christo le Roux.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-12-22

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!