Boksie vir 'n Boervrou WAP
Boksie vir 'n Boervrou WAP

WAP gee 125 Kersbokse vir ’n Boervrou

Francoise Steynberg
Windhoek Afrikaanse Privaatskool se junior leerlingraad het ’n uitstekende voorbeeld gestel en 125 Kersbokse vir ’n Boervrou ingesamel. Dit is deel van Droogtehulp Namibië se projek wat tydens 2019 se droogte van stapel gestuur is om skoenboks vol bederfprodukte vir ’n boervrou te pak. Volgens Henriëtte Le Grange van die organisasie is die mikpunt 500 skoenbokse, “maar dit is hopeloos te min en maak die verdeling moeilik”. Die afsnydatum om die skoenbokse by afleweringspunte landswyd in te handig, is Vrydag 16 November, maar Maandag 19 November in Windhoek. Dit is om genoegsame tyd vir die organisasie te gun om die geskenkbokse aan boervroue uit te deel. Die geskenkbokse sal dan saam met vragte voer uitgedeel word. Besoek Droogtehulp Namibië se Facebookblad vir die landswye afleweringspunte. Vir verdere navrae kontak 081 124 9670. Foto Facebook/WAP

Comments

Namibian Sun 2025-01-18

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 18° | 27° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 17° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 21° | 38° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 19° | 31° Windhoek: 17° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 17° | 30° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!