Vrugteproduksie kan tot vyf keer verbeter
Namibië voorsien in slegs 4% van eie behoefte
Die meeste vrugte en neute wat in Namibië verbruik word, word vanaf Suid-Afrika ingevoer.
Namibië het die potensiaal om nog sowat 1,1 miljoen vrugtebome te kweek op grond wat plaaslik beskikbaar is en ook geskik is vir vrugteproduksie – veral in die Karstgebied asook die Zambezistreek.
Volgens ‘n onlangse opname deur die Namibië Akkerbouraad (NAB) word net sowat 15% van die grond wat plaaslik beskikbaar is vir vrugteproduksie benut. Op dié 15% staan meer as 230 000 vrugtebome.
Dit terwyl Namibië se aandeel in die plaaslike vrugtemark op net sowat 4% (732 ton) staan, terwyl tot 97% (20 282 ton) van die vrugte wat plaaslik verbruik word, van elders af ingevoer moet word.
Die meeste vrugte en neute wat in Namibië verbruik word (97%), word vanaf Suid-Afrika ingevoer, terwyl sowat 3% vanaf Spanje ingevoer word en die res van Israel, Botswana, Zambië, China, Angola, Duitsland, Panama, Portugal en Viëtnam.
Namibië is amptelik ‘n netto uitvoerder van vrugte, maar dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die land se hoë produksie van tafeldruiwe, met die oog op uitvoermarkte.
Tafeldruifplante is die mees algemene vrugtebome wat in Namibië voorkom – met sowat 59 000 wingerde wat hoofsaaklik in die Suide en langs die Oranjerivier geplant is. Lemoenbome is die land se tweede mees algemene vrugteboom, met sowat 29 000 wat in die Karstgebied geplant is.
Daarnaas kom mangobome, met sowat 24 000 wat in die noord-sentrale dele van die land geplant is.
VOEDSELVEILIGHEID
Die Akkerbouraad is verder bekommerd oor die veiligheid van vrugte wat plaaslik geproduseer word, met die meeste vrugteprodusente wat hul saailinge of jong bome by ongesertifiseerde kwekerye of produsente van saailinge aankoop.
Volgens die NAB word meer as 41 000 vrugtebome jaarliks na Namibië ingevoer, terwyl nog 40 000 plaaslik gekweek word.
Die NAB sê vir die opname het hy onderhoude met sowat 62 plaaslike vrugteprodusente, 27 handelaars en 17 kwekerye of verskaffers van saailinge gevoer.
Die meeste produsente het ook nie enige voedselstelsels in plek nie, veral dié uit die kommunale produksiegebiede soos die Zambezi-, Kavango-Oos- en Kavango-Wesstreek asook die noord-sentrale dele van die land.
“Volgens die opname het die meeste kleinboere, veral dié in kommunale gebiede, ‘n gebrek aan begrip en ervaring in vrugteproduksie op ‘n kommersiële basis.”
AANBEVELINGS
Aanbevelings wat uit die opname spruit, sluit in dat die plaaslike vrugtebedryf gereguleer behoort te word sodat betroubare inligting beskikbaar is en beter ondersteuning aan die bedryf gebied kan word.
Die NAB sê die reguleringsaspek sluit in dat produsente, vrugteverwerkers en kwekerye verplig moet word om by die raad te registreer, dat mentorskap- en landboudienste aan huidige produsente beskikbaar gestel moet word en dat talle ander strategieë ingestel moet word om die produksie van vrugte te verbeter.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article