Vee-inspeksies skep praktiese uitdagings
Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) ondersteun die pogings van die direktoraat van veeartsenydienste om Namibië se dieregesondheidstatus te beskerm, maar meen daar sal egter na oplossings gesoek moet word om boere se uitdagings te takel sonder om die siektevrye sone aan risiko’s bloot te stel.
Kennisgewing 4 van 2024 van die direktoraat veeartsenydienste (DVS) in die ministerie van landbou, water en grondhervorming, behels die moniteringsprotokol wat gevolg word vir enige risikodraende dieresiektes.
Die kennisgewing is op 21 Februarie vanjaar in die Staatskoerant gepubliseer.
Siektemonitering word gereeld uitgevoer tydens inspeksies deur DVS-amptenare op plase oraloor die land. Dit dien verskeie doeleindes, insluitend om die afwesigheid van sekere siektes binne die land te bevestig en om handelsvennote die versekering te gee dat diere of vleis afkomstig van Namibië geen bedreiging inhou nie.
Gereelde monitering maak vroeë opsporing en uitwissing van spesifieke siektes moontlik wanneer uitbrekings sou plaasvind. Siektemonitering verskaf ook inligting vir risiko-analise en -bestuur.
Klem word geplaas op aanmeldbare siektes, soos bek-en-klouseer, bees-longsiekte, voëlgriep, Newcastle-siekte, runderpes, slenkdalkoors en hondsdolheid.
Die gereeldheid van siektemonitering wissel na gelang van die gebied. In Namibië se erkende siektevrye sone word roetine-inspeksies deur ’n staatsveearts een keer per jaar gedoen op plase wat diere aan uitvoerabattoirs verskaf.
Plase binne ’n radius van tien kilometer van Botswana se besmette sone asook plase teen die veterinêre kordonheining (bandplase) ontvang inspeksies twee keer per jaar.
Indien daar egter uitbrekings van longsiekte, bek-en-klouseer, of enige sodanige siekte in Namibië se noordelike kommunale gebiede (NCA) of ’n buurland is, ontvang ondernemings binne ’n tien kilometer-radius van daardie grense vier keer per jaar inspeksies totdat die uitbreking onder beheer is.
Siektemonitering vind ook plaas by voerkrale, abattoirs en enige geleentheid waar vee geskou of verhandel word.
Die LPO sê die praktiese uitvoerbaarheid van inspeksies hou ’n uitdaging vir produsente in, veral vir veeboere op die grens van Suid-Afrika, waar daar ’n koste-aspek is om totale kuddes gereeld vir inspeksies beskikbaar te stel, en waar dit ’n risiko inhou om dragtige diere na inspeksiepunte aan te jaag.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article