Tienjaar-rekordpryse vir koring, mahangu

Só lyk ‘n dekade se graanpryse
Die Akkerbouraad se statistiek oor plaaslike vloerpryse wat oor die afgelope tien jaar bygehou word, wys dat veral koring en mahangu rekordpryse tydens die 2021–'22-oesseisoen behaal het.
Elvira Hattingh
Die Namibiese vloerpryse van beide koring asook mahangu het in die 2021-’22-oesseisoen ’n tienjaarrekord behaal en op onderskeidelik N$6 283,89 per ton en N$5 735 per ton te staan gekom.

Die vloerprys van witmielies was N$4 635 per ton. Dié prys het in die 2016-’17-oesjaar ’n piek van so hoog as N$5 304 per ton bereik.

Terselfdertyd is die bemarking van Namibies-geproduseerde graan grootliks voltooi, het die Namibiese Akkerbouraad (NAB) se akkerboubestuurder en markontwikkelaar, Loyde Uahengo, aan Republikein gesê.

“Daar is nog net ’n klein bietjie koring oor,” het sy gesê.

Dit kom terwyl 2022 ’n rekordoesjaar vir beide witmielies en koring was.



VLOERPRYSE

Die NAB hou statistiek by oor plaaslike vloerpryse van Namibiese graan oor die afgelope tien jaar.

Uahengo het verduidelik die vloerprys is die minimum wat deur ’n verwerkingsaanleg aan ’n akkerbouer vir sy produksie betaal kan word.

“Die NAB bereken die vloerprys gebaseer op ’n voorafbepaalde formule. Die verenigings vir graanprosessering, soos die Namibië Graanprosesseringsvereniging asook die Akkerbou Produsente-vereniging, kom vooraf ooreen oor hierdie formule. Dit verskil van jaar tot jaar,” het sy verduidelik.

Die NAB se statistiek toon dat plaaslike vloerpryse vir witmielies, koring asook mahangu oor die afgelope tien jaar ’n opwaartse neiging gevolg het.

“Die vloerpryse vir graan het oor die afgelope dekade bly groei.

“Die prys van witmielies word byvoorbeed op die Safex-prys gebaseer, wat op sigself oor die jare gegroei het. Daarbenewens word die plaaslike vloerprys van koring ook op die Safex-prys gebaseer, maar hier word die internasionale Rooisee-prys ook in berekening gebring.

“Mahangu se vloerprys word slegs op produksiekoste gebaseer,” het Uahengo gesê.

“Safex is die Suid-Afrikaanse landboukommoditeitebeurs,” het sy bygevoeg.

Die plaaslike vloerprys vir witmielies het tien jaar gelede tydens die 2010-’11-oesseisoen, op net N$2 614 gestaan. Die hoogste punt wat dit oor die afgelope tien jaar bereik het, was in die 2016-’17-oesseisoen, toe dit op sowat N$5 304 per ton gestaan het.

Die vloerprys vir koring het tydens die 2010-’11-oesseisoen op N$2 700 per ton gestaan en mahangu ’n dekade gelede op N$2 668, volgens die NAB.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-11-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!