Pryse vir landbou-waardetoevoeging
Goeie samewerking tussen ’n ma in die Kavango en haar seun in Windhoek het hulle ’n eerste prys van N$10 000 in die Namibië Waardetoevoeging-kompetisie in Katutura besorg. Demol Mbanga Matali (middel) het onlangs begin om konfyt van manguni te maak, wat sy ma Windhoek toe stuur. Hanna Barbara Bergmann (regs) van Windhoek het die tweede prys losgeslaan met haar “Decadent Chocolate Chip Vulcano Cupcake” wat sy van sorghum-meel maak. Die derde prys is aan Gobabis se Engelhardine Katjivikua (links) toegeken, wat spekboom-konfyt maak. Die prysuitdeling kom ná ’n weeklange opleiding in volhoubare groenteboerdery, voedingswaarde en waardetoevoeging by Namcol, wat deel vorm van die landbou vir volhoubaarheidsprojek (F4R) deur die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ).
Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article