Prys vir lewende hawe daal steeds
Kan help met voedselinflasie
Die verminderde vraag na lewendehaweprodukte vanuit China lei tot opeenhopings op verskeie plekke in die wêreld, wat na verwagting 'n negatiewe uitwerking op lewendehawepryse vir die res van die jaar sal hê.
Die prys van lewende hawe toon tans wêreldwyd ’n afwaartse neiging weens ’n verminderde vraag na dié kommoditeit vanuit China.
Hoewel dit minder goeie nuus vir die landbousektor is, kan dit help om tydens die laaste kwartaal van vanjaar voedselprysinflasie in Namibië te verlaag.
Simonis Storm het in sy jongste ekonomiese verslag verduidelik die verminderde vraag na lewendehaweprodukte vanuit China het intussen tot ’n opeenhoping van die kommoditeit op verskeie plekke in die wêreld gelei.
Dit sal na verwagting ’n negatiewe uitwerking op pryse vir die res van die jaar hê.
Dienooreenkomstig het die prys van lewende hawe in Australië, Brasilië en Europese markte ook gedaal.
NAMIBIË
Die plaaslike verslagting van lewende hawe ervaar ’n afname sedert April 2022, met altesaam 23,8% minder beeste wat op ’n jaar-tot-jaar-basis geslag is.
In September vanjaar het die verslagting van skape ’n 14%-afname getoon, ’n 96%-afname in die verslagting van bokke en ’n 2,9%-daling in die verslagting van varke.
Die uitvoer van lewende hawe op die hoef is steeds beduidend meer as ’n jaar gelede. Beesuitvoere het in September egter met 34,5% gedaal, terwyl skaapuitvoere met 48,9% gestyg het en bokuitvoere met 33,39%.
“’n Verbod op die verskuiwing van lewende hawe in Suid-Afrika in die derde kwartaal het ’n duik gemaak in die uitvoer van lewende beeste gedurende ’n tyd toe die aanvraag in voerkrale vir die feesseisoen reeds hoog was,” het die Vleisraad van Namibië gesê.
GROTER SEKTOR
Die groter landbousektor het ook nie uitstekend gevaar nie.
’n Groeikoers van onderskeidelik 3% en 1,6% is in die eerste en tweede kwartaal van die jaar gehandhaaf – ver laer as die oorhoofse bruto binnelandse produk (BBP) se groei van 6,5% en 5,6% in dieselfde tydperk.
Die verlangsaming in groei word daaraan toegeskryf dat alle subsektore laer groeikoerse oor die tydperk gehandhaaf het, met die gewas- en vissektor wat die grootste bydrae tot dié stadiger groeikoers gemaak het.
Die landboubedryf het in die eerste helfte van 2022 sowat 10,1% van die BBP opgemaak en bied werk aan sowat 23% van die Namibiese arbeidsmag. Na verwagting sal die bedryf met 2,7% oor die volgende drie jaar uitbrei.
Simonis Storm sê een positiewe vooruitsig is die beplande Daures Green Village-loodsprojek noord van Swakopmund. Die groenstikstof-loodsprojek val onder die toesig van die Universiteit van Namibië (Unam) asook ander Europese universiteite.
Teen ’n geraamde koste van USD15,1 miljoen, stel die projek ten doel om 500 kg ammoniak per dag te produseer. Die plan is ook om ’n groenskemaprogram te vestig sodat die plaaslike gemeenskap die ammoniak-gebaseerde kunsmis kan benut.
“Terwyl Namibië tans ’n invoerder van kunsmis is, glo ons dat die plaaslike gewassektor voordeel uit ’n plaaslik geproduseerde kunsmis sal kan trek.”
TUINBOU
Die Namibiese Akkerbouraad (NAB) het in September die invoer van 11 tuinbouprodukte verbied.
In Oktober is die lys aangepas na agt produkte – ’n aanduiding dat daar plaaslik genoeg van sekere produkte beskikbaar is om in die nasionale vraag te voorsien. Dit is veral die geval met wortels, aartappels, soetpatats en pampoen.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article