No Image Caption

Produsente, Agra skenk vir kanker

Elvira Hattingh
Agra Veilings het verlede Maandag altesaam N$177 965,58 aan die Kankervereniging van Namibië (CAN) geskenk.

Dit volg nadat die maatskappy se veilingsafdeling hul eerste Donate for pink-veldtog aangebied het om geld vir CAN in te samel. Weens die goeie reaksie wat van Namibiese boere ontvang is, is die veldtog tot 15 November verleng. Die veldtog het 13 stoetveeveilings asook 57 kommersiële velings deur Agra ingesluit.

Boere het die keuse gehad om kontant te skenk, of ‘n sekere persentasie geld uit hul verkope te gee of om spesifieke lotte aan die veldtog af te staan. Private individue het ook bydraes gemaak. Agra het ook sy veilingskommissie vir die inisiatief geskenk en terselfdertyd hoedens ten bate van CAN tydens die veilings verkoop.

Rolf Hansen, uitvoerende hoof van CAN, het produsente vir hul bydrae bedank en gesê die geld is geoormerk vir die diagnose en behandeling van bors- en eierstokkanker.

Op die foto, van links, is Agra-veilings se algemene bestuurder, mnr. Paul Klein en Hansen. FOTO VERSKAF

Comments

Namibian Sun 2024-11-15

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!