President besoek groenskemaprojekte
President Nangola Mbumba en landbouminister Calle Schlettwein het die groenskemaprojekte in die streke van Kavango-Oos en Kavango-Wes oor twee dae besoek. Hulle het besoek afgelê by Sikondo, Uvhungu-Vhungu, die Mashare-bloubessieprojek en die Ndonga Linea- en Shadikongolo-besproeiingsprojekte. Die doelwitte van die projekte is om werkloosheid te bekamp, droogte-uitdagings te takel en volhoubare landbou-ontwikkeling in die streke te bevorder. Foto Namibiese Presidensie
Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article