Foto argief
Foto argief

Meatco se algemene jaarvergadering tot Donderdag uitgestel

Kon nie kworum op Otji bereik
Meatco en die Landbouprodusente-organisasie (LPO) versoek Meatco-lede om die uitgestelde algemene jaarvergadering by te woon.
Francoise Steynberg
Meatco se algemene jaarvergadering (AJV) vir 2024 is tot eerskomende Donderdag uitgestel en sal om 09:00 by die Wanderers-sportklub in Windhoek plaasvind.

Tydens die jaarvergadering wat op 22 November in Otjiwarongo plaasgevind het, kon ’n kworum nie bereik word nie aangesien slegs 15 produsente opgedaag het, terwyl 30 personeel van Meatco die vergadering bygewoon het. Dit het die raadslede ingesluit.

“Meatco het baie positiewe veranderings aangebring gedurende 2024 wat tot voordeel van die beesbedryf se toekoms sal wees. Meatco was dié abattoir wat slagpryse stabiel gehou het tydens die 2024-noodbemarking weens die droogte,” lui ’n verklaring van Meatco.

“Die raad van direkteure stel hiermee alle gewaardeerde lede van Meatco, geregistreer ingevolge artikels 13 en 17 van Wet 1 van 2001, in kennis dat die 36ste AJV soos aanvanklik geskeduleer, moes uitgestel word na ’n nuwe datum weens ’n gebrek aan ’n kworum by die aanvang van die vergadering op 22 November," verduidelik Meatco.

“Ingevolge die standaardreëls en prosedures is die algemene jaarvergadering dus tot Donderdag 5 Desember uitgestel.”

Landboukenner Wallie Roux het aan Agri Monitor gesê Meatco het verlede jaar ook dieselfde pad geloop waar geen kworum bereik is nie met hul eerste poging van ’n AJV in Junie op Grootfontein.

“Dis nie net die Noorde-boere wat beeste aan Meatco lewer nie; wat van die produsente van die Ooste (Gobabis-omgewing), sentraal (veral Khomas Hochland) en die Suide (veral die gebied tot Mariental)?” vra hy.

“Vanjaar skuif hulle dit toe darem effe [suidwaarts] af en beplan die AJV in Otjiwarongo met weer eens ’n herhaling van verlede jaar – geen kworum."

Roux bevraagteken of Meatco nie hul lede uit ander streke behalwe die Noorde waardeer nie.

“Wat het hierdie twee fiasko’s Meatco gekos, inaggenome dat in elke geval nou ’n tweede poging tot ’n AJV geskied het? Was reis- en verblyfkoste van Meatco-personeel ’n faktor of ’n oorweging in die keuses van Grootfontein verlede jaar en Otjiwarongo vanjaar?”

Kwessies wat voorspruit uit die vorige vergadering is onder meer die bonusbetaling van N$400 miljoen aan produsente, Meatco se reuse-skuld by die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN), voerproduksie, die vestiging van voerkrale in die Noordelike Kommunale Gebiede (NCA’s), vaste betalingstydperke vir produsente, ’n vaste produsenteprys vir ’n tydperk van twee jaar en die vestiging van strategieë van mededingende pryse vir produsente in die NCA’s.

Meatco moedig al sy kwalifiserende produsentelede aan om die vergadering by te woon.

Die Landbouprodusente-organisasie (LPO) versoek ook lede van Meatco om die uitgestelde jaarvergadering by te woon en moedig lede met navrae aan om die uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, in dié verband te kontak.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2025-01-15

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!