Jagskoue in die VSA ’n reusesukses
Dallas Safari Club, SCI lok duisende
Volgens Napha was daar sterk mededinging onder Afrikalande om buitelandse jagters te lok.
Lede van die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha) was by belangrike Amerikaanse jagskoue teenwoordig wat internasionale jagters na Namibië gelok het.
Volgens Napha se president, Axel Cramer, was die Dallas Safari Club-jagskou in Atlanta in die deelstaat Georgia en Safari Club International (SCI) s’n in Nashville in Tennessee, ’n reusesukses.
“Sowat 30 Napha-lede het van verlede Woensdag tot Saterdag in Nashville uitgestal,” het hy uit dié countrymusiek-hoofstad aan Agri Monitor gesê.
Cramer sê volgens die organiseerders van SCI het rekordgetalle besoekers die gewilde jagskou bygewoon. Meer as 18 000 jag- en buitelug-entoesiaste en 950 uitstallers het op Nashville toegesak.
“Van ons Napha-lede het bevestig daar was groot belangstelling in veral grootwildjagtogte vir onder meer olifante, krokodille en buffels, maar nie soveel vir vlaktewild nie,” het Cramer gesê.
Hy het gesê daar was sterk mededinging uit Afrika by die jagskoue, veral uit Suid-Afrika, asook Tanzanië en Zambië.
Verteenwoordigers van die Namibiese jagsektor en die Namibië Toerismeraad (NTB), asook die Namibiese ambassadeur in die Verenigde State van Amerika (VSA), Margaret Mensah-Williams, het die Dallas-jagskou in Atlanta bygewoon.
Cramer sal vandeesweek die grootste jagskou in Europa, Jagd & Hund, in Dortmund, Duitsland bywoon.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article