Foto ter illustrasie argief
Foto ter illustrasie argief

Implementering van EUDR moontlik uitgestel

Francoise Steynberg
Die Europese Kommissie het uitstel van een jaar vir die implementering van die Europese Unie se Deforestation Regulation (EUDR) voorgestel, wat die sperdatums na 30 Desember 2025 vir groot entiteite en 30 Junie 2026 vir klein- en mediumgrootte ondernemings, verleng.

Terwyl hierdie voorstel goedkeuring van die Europese parlement en raad benodig (’n uitkoms wat in die algemeen verwag word), moet sekere besonderhede nog verder ondersoek word, volgens die Namibië Landbou-unie (NLU).

As die voorstel goedgekeur word, sal Namibië ’n bykomende jaar hê om te verseker dat operateurs en die res van die beeswaardeketting aan die regulasies voldoen en volledig voorbereid is.

"Dit is egter belangrik om daarop te let dat Namibië wel met sy oorspronklike implementeringstydlyn sal voortgaan en die bykomende tyd hoofsaaklik sal gebruik om enige uitdagings of probleme te takel wat mag ontstaan," sê die NLU.

Landbouminister Calle Schlettwein het sy ontevredenheid uitgespreek oor die gebrek aan konsultasie met die Namibiese regering.

Comments

Namibian Sun 2024-11-19

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 24° | 38° Rundu: 23° | 38° Eenhana: 23° | 37° Oshakati: 26° | 34° Ruacana: 23° | 33° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 21° | 32° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 23° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 25° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 22° | 35° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 24° | 35° Lubumbashi: 18° | 31° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 13° | 31° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 22° | 31° Windhoek: 21° | 32° Cape Town: 18° | 22° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 23° | 33° Harare: 18° | 30° #REF! #REF!