Ent kleinvee teen ramsiekte
Voorkom lae lamsyfers, miskrame
Bronne van infeksie kan die draer-ram en besmette materiaal van miskrame wees.
Ramsiekte, of brucella ovis, is ’n algemene oorsaak van epididimitis (onvrugbaarheid onder ramme) en minder dikwels miskrame onder ooie.
Die organisme word versprei deur kontak tussen slymvliese (vaginaal, voorhuid of oë) – beide van ram na ooi en van ram na ram, maar nie van ooi na ooi nie. Dit aldus die Namibië Landbou-unie (NLU) se jongste nuusbrief.
Brucella ovis in skape word seksueel oorgedra vanaf besmette ramme met epididimitis en uitgeskei in die semen. Ramme wat hiermee besmet is, is nie altyd onvrugbaar nie en dra die organisme oor in die semen. Ooie verloor binne ’n paar weke ná ’n miskraam die organisme en is gewoonlik nie ’n bron van infeksie vir die kudde in die volgende jaar nie.
Bronne van infeksie kan die draer-ram en besmette materiaal van miskrame wees. Van 25% tot 35% van miskrame in kuddes weens hierdie siekte is al aangemeld.
Die siekte veroorsaak dikwels dat lammers dood gebore word, terwyl swak lammers en mesmette diere letsels van ettervormende longontsteking mag toon.
Erge ontsteking van die plasenta kom voor, met ’n verdikte, nekrotiese plasenta wat ook algemeen is. Lae lamsyfers in ’n kudde sal die eerste waarskuwingsteken wees. ’n Ondersoek van teelramme sal die teenwoordiheid van kliniese- of subkliniese epididimitis onthul.
DIAGNOSE
Die diagnose berus op drie pilare. Eerstens kan bloedmonsters geneem word. Die sensitiwiteit van die komplementbindingstoets wissel van 96,3% tot 100% en die spesifisiteit van 98,4% tot 99,9%. Tesame met die bloedtoets is ’n kliniese ondersoek baie belangrik om die teenwoordigheid van epididimitis te bepaal.
Derdens is sementoetse ook waardevol om die bakterieë wat in die semen voorkom te bepaal.
Alle ramme moet aan die begin van elke teelseisoen klinies ondersoek word. Ramme met epididimitis moet afgesonder en getoets word.
As daar reeds ’n lae lamtempo in ’n kudde is of wanneer ramme vir die eerste keer getoets word, moet alle ramme geskei en getoets word. Die eienaar moet siek ramme van kant maak.
Die toets moet elke drie maande herhaal word totdat daar vir twee agtereenvolgende sessies geen ramme positief toets nie. Die ooikudde moet vir minstens drie maande van die ramme geskei word.
Ramme wat negatief getoets het, kan dan by die kudde geïntegreer word. Jong ramme moet op ’n aparte perseel gehou word en nie toegelaat word om met ouer ramme meng nie. Ramlammetjies kan voor puberteit – voor die ouderdom van drie tot vier maande – met die Rev 1-entstof geïmmuniseer word.
Onder skaaprasse soos dorpers, waar vroeë volwassenheid die norm is, moet lammetjies al vanaf die ouderdom van twee maande geïmmuniseer word om valse positiewe toetsuitslae te voorkom.
[email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article