Elektriese werkesel op drie wiele

Francoise Steynberg
’n Elektriese werkesel op drie wiele sal nie net ’n brandstofbesparing vir boere bring nie, maar is ’n lekker rondrits vervoermiddel op die plaas.

Vervoer jou gewasse, voer of kleinvee lag-lag en spotgoedkoop.

’n Elektriese driewielmotorfiets met ’n laaibak van A-Future is al vir twee jaar in Namibië beskikbaar wat ook op plaaspaaie gebruik kan word.

Die laaikapasiteit is 500 kg en die laaibak is 1,75 meter lank, 1,38 meter breed en ’n halwe meter diep.

Gooi ’n paar voersakke agter op die laaibak om die vee by die poste te gaan voer of laai die gewasse van die landerye af op. Daar is genoeg plek vir die honde om ook saam te ry.

Volgens Henock Ismael, die verkoopsverteenwoordiger van A-Future, is die voertuig 100% elektries en benodig geen brandstof nie.

Hy sê die driewiel kan 120 km ver gery word voordat die battery herlaai moet word.

“Die driewiel se battery kan met jou huis se krag van 220 volt met ’n kragprop herlaai word. Jy bestee slegs N$5 op elektrisiteit om 100 km ver te ry,” het Ismael gesê.

Marcel Roux van Waldschmidt Eggs stem saam dat die voertuig kostedoeltreffend is.

“Ons het twee van die voertuie teen sowat N$50 000 elk gekoop en dit is werklik doeltreffend op die plaas.

“Ons het een van die voertuie al vir amper twee jaar en die battery hou nog steeds. Jy prop net die battery se kragprop by die muur in om te herlaai,” het Roux gesê.

Die eierprodusente se voormanne ry met hul gereedskap agterop die laaibak tussen die hoenderhokke rond om dit reg te maak.

Nog positiewe terugvoering kom van Etuna Nashima van die plaas De Rust in die Grootfontein-distrik, wat aan Agri Monitor gesê hulle het sowat ’n maand gelede die driewiel gekoop en dit help hulle baie op die plaas.

“Ons gebruik die driewiel om ons tuinbouprodukte soos koolkoppe op die landerye te gaan haal en aan nabygeleë kliënte af te lewer,” het Nashinda sy tevredenheid uitgespreek.

“Buiten dat ons brandstof bespaar, het ons geen meganiese probleme met die driewiel nie. Ons het ook ’n gewone motorfiets wat baie meganiese probleme gee en instandhouding nodig het.”

A-Future voer die voertuie al vir meer as twee jaar van China na Namibië in en monteer dit by sy aanleg in Döbra, noord van Windhoek.

Volgens Ismael word die driewiele herbou volgens die behoeftes van plaaslike kliënte om soos byvoorbeeld op ruwe terrein te ry.

Hy sê meer as 100 voertuie is al verkoop en die gewildheid daarvan neem toe – van mahanguboere in die Noorde tot tafeldruiweboere in die Suide.

Die driewielmotorfiets is nie net geskik vir boerderybedrywighede nie, maar ook vir die mynbou- en konstruksiesektor. Dit kan ook in pakhuise gebruik word of om vrag te vervoer.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-10-05

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Arsenal 3 vs 1 Southampton | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A