Boplaas-kampterrein trek nuwe baadjie aan
Visrivier-staproete het afgeskop
Boplaas is 'n gerieflik oorslaapplek vir diegene wat vanaf die Noord-Kaap en omliggende gebiede reis, asook vir stappers van die gewilde Visrivier-canyonstaproete.
Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Boplaas-kampeerterrein langs die Oranjerivier het heropen nadat dit tydelik vir besoekers gesluit was weens opgraderingswerk.
“Die sluiting van Boplaas was nodig om veiligheidskwessies te takel en om die kampterrein se geriewe uit te brei,” het die kommunikasiebestuurder van NWR, Nelson Ashipala, gesê.
Dit volg nadat toeriste sowat nege maande gelede by Boplaas aangeval en beroof is.
“Met die bystand van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, het ons suksesvol bykomende veiligheidsmaatreëls geïmplementeer en ekstra ablusieblokke gebou, wat die veiligheid en gemak van ons gaste aansienlik verbeter.”
Boplaas is ’n gerieflik oorslaapplek vir diegene wat vanaf die Noord-Kaap en omliggende gebiede reis, asook vir stappers van die gewilde Visrivier-canyonstaproete.
Intussen het die ministerie en NWR bevestig dat daar genoeg water in die Visrivier-canyon is vir die stapseisoen wat op 1 Mei afgeskop het.
Om die veiligheid en welstand van alle stappers te verseker, word waterbeamptes op strategiese punte langs die staproetes gestasioneer, insluitend by King Palace en Bushy Corner.
NWR sal ook ’n verantwoordelike stapveldtog op hul sosialemediaplatforms van stapel stuur.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article