Wees dramaties

Twee van Windhoek Gimnasium se toneelgroepe gaan binnekort aan ‘n jeugteaterfees in Suid-Afrika deel neem.
JUSTISIA SHIPENA
Mariselle Stofberg

Dramagroepe van Windhoek Gimnasium gaan vanaf 2 tot 5 Oktober aan die finaal van die Curro Create National Youth Theatre Festival in Johannesburg deelneem.

Die hoërskool en laerskool se dramagroepe sal dan die geleentheid om hul talente op die verhoog ten toon te stel met die hoop om na die finale ronde op 5 Oktober deel te neem.

Die laerskoolproduksie Rapunzel Uncut bestaan uit nege akteurs en twee tegniese spanlede. Hierdie groep is aanvanklike uit ? groep van 60 belangstellendes gekies.

“Ons opgewondenheid en die afwagting is groot! Dit gaan 'n belewenis wees om in 'n teater in Suid-Afrika saam met die beste produksies uit die land deel te neem,” sê me. Helena Wilders, die afrigter en regisseur.

Die toneelstuk vertel die storie van 'n man en sy swanger vrou wat in 'n klein huisie gebly het. “Hulle was gelukkig en tevrede totdat 'n heks langs hul kom intrek het. Twee jong tieners word onverwags deel van 'n sprokie in die towerboek Rapunzel, maar daar is 'n paar kinkels in die kabel,” vertel Wilders.

“Ons het baie ure gewerk aan hierdie produksie. Die kinders en ouers was werklik toegewyd. Al het ons in Maart reeds twee keer per week begin oefen, het ons gedurende die Julie- en Augustus-eksamen vyf dae per week geoefen.”

Nie net werk die afrigters, regisseurs en kinders hard nie, maar ouers spring self ook in om te help met dekor en grimering.

Die hoërskool se toneelstuk Doodmoeg, wat ook as die wenner van die ATKV-Tienertoneelstreeksfees in Namibië aangewys is, fokus op die druk wat tieners ervaar met veral fokus op selfmoord.

“Ons voel bevoorreg om deel te kan wees van hierdie kompetisie. Om weer op te tree beteken meer mense kan ons storie hoor oor tienerselfmoord. ’n Groot fokuspunt van ons toneelstuk is ook bewusmaking. Ons wil sê dis oukei om te praat oor hierdie dinge,” sê regisseur en afrigter me. Magdaleen Van Zyl.

“Selfmoord is ’n groot realiteit en ons kan dit nie miskyk nie. Die pad wat ek reeds vanaf Februarie met die kinders gestap het, is onvervangbaar. Dis so mooi om te sien hoe tieners mekaar begin vertrou wanneer jy met moeilike onderwerpe soos selfskending, verkragting, misbruik en selfmoord omgaan. Teater gaan vir my daaroor om ’n verskil te maak en ek dink ons raak mense hiermee aan,” het Van Zyl bygevoeg.

Shani Nel, een van die akteurs van die stuk, is opgewonde om nog ? geleentheid op die verhoog te kan hê. “Ek is so dankbaar vir Curro wat hierdie platform en geleenthede skep vir jong kinders om hulle talente te kan deel met die res van die mense daar buite. Ons is al almal deur dik en dun by mekaar en hierdie is net nog ’n kans om vir almal te wys wat Windhoek Gimnasium kan doen.”

Michiel Vorster, nog een van die jong akteurs van die hoërskoolgroep, is dankbaar vir die geleentheid. “Ek is baie opgewonde en dankbaar vir Windhoek Gimnasium wat holisties na hul leerlinge kyk en hierdie geleenthede vir kinders skep,” sê hy.

Program van die finaal:

Woensdag 2 Oktober

Laerskool Curro Aurora– Hurt people

Laerskool Curro Rivonia – Peggy, the pint-sized pirate

Hoërskool Curro Aurora - Selfie

Hoërskool Curro Krugersdorp– Ten ways to survive a zombie apocalypse

Donderdag 3 Oktober 2019

Laerskool Curro Academy Savanna City– My daughter is an alien

Laerskool Cooper College– Kid Frankenstein

Hoërskool Curro Aurora– Hlulani

Curro Helderwyk – Box

Vrydag 4 Oktober 2019

Windhoek Gymnasium se laerskool - Repunzel Uncut

Woodhill College Primary – Us and them

Curro Nelspruit – Talaiporia

Windhoek Gymnasium se hoërskool – Doodmoeg

Comments

Namibian Sun 2024-11-24

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!