Waar drome waar word
Dié geleentheid gee nie net jong modelle die kans om hul talent ten toon te stel nie, maar ook om iets aan die gemeenskap terug te gee.
Justicia Shipena
Schwane Blignaut, ’n leerling aan die Windhoek Hoerskool is as die nuwe Miss Teen Namibia gekroon. Schanizia da Cunha is haar eerste prinses en Kara van den Heever is as tweede prinses aangewys.
Die kroning van Miss Teen Namibia, Miss Pre-Teen Namibia en Miss Princess Namibia het Saterdag by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) in Windhoek plaasgevind.
Danèl du Toit is die nuwe Miss Pre-Teen Namibia en Claire Uuyuni is as Miss Princess aangewys.
Die nuwe titelhouers gaan as ambassadeurs vir die land dien en dra hul nuwe krone met trots.
Die onderskeie kompetisies poog om nie net die land se skoonheid te vier nie, maar ook om aan die gemeenskap terug te gee, bewustheid van maatskaplike kwessies te skep, ’n voorbeeld aan die jeug te stel en meisies aan te moedig om die beste weergawe van hulself te wees.
Bilgnaut het aan The Zone vertel sy is opgewonde oor die pad vorentoe en gaan haar bes doen om ’n verskil in haar gemeenskap te maak. “Ek het soveel wat ek nog wil doen en beplan meer, want ek wil net die beste vir my gemeenskap en land hê.”

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article