Vet pret om die Aarde te red
‘n Skool op Rosh Pinah stel die voorbeeld met ‘n projek gemik op omgewingsbewaring.
Evany van Wyk
Klimaatsverandering is ? werklikheid en ? skrikwekkende een daarby.
Hoe kan ons die eerste stap doen om meer proaktief te wees en ? meer volhoubare lewe te lei? Die antwoord is eenvoudig: As jy besoedeling sien, wees die oplossing.
Die Sekondêre Skool Tsau||Khaeb op Rosh Pinah het duidelik die memo oor herwinning gekry. Die skool het onlangs ? projek begin waarmee hulle ekostene maak en is van plan om dit vir ? onbepaalde tydperk aan te hou. Ekostene is plastiekbottels wat gevul word met plastiek om ? herbruikbare boublok te maak. Dit is ? volhoubare manier om nie-bioafbreekbare plastiekrommel te gebruik. Die doel van die projek is om bewustheid te skep oor die ernstige impak van plastiekbesoedeling op die natuur. “Die leerlingeword nie net die geleentheid gegee om ? verskil te maak nie, maar hulle leer ook hoe om saam te staan om ? volhoubare planeet vir die toekoms te skep,” sê Juffrou Domingo, die departementshoof van wetenskap en Wiskunde by die skool. As die stigter van die Omgewingsklub het juffrou Domingo en haar kollegas die Ekostene-projek begin om die leerlinge en selfs die gemeenskap betrokke te kry in die stryd teen die vernietiging van ons planeet.
Tsau||Khaeb hoop om hul koolstofvoetspoor te verminder en sodoende die koolstofdioksied in die atmosfeer te verminder, asook ? positiewe verandering te maak in aardverwarming en klimaatsverandering.
“Die projek sal ook regtig ons skool help in terme van geld spaar. Die skool sal dan nie baie geld hoe uit te gee vir meubels en geboue wat gerestoureer moet word nie,” sê Helen Kahenge, die hoofmeisie. Sy sê die meeste kinders is baie entoesiasties oor die projek, maar van hulle kort nog ? bietjie aanmoediging.
Ondanks die aantal bewusmakingsveldtogte wat elke jaar plaasvind, bly statistieke skrikwekkend. Van die 8,3 biljoen ton plastiek wat in 2018 in die wêreld vervaardig is, is slegs nege present daarvan herwin. Miljoene diere se lewe word elke jaar geëis weens die groot hoeveelheid rommel wat in die see en op die land gestrooi word.
“Die uitdagendste deel van hierdie projek was om die betrokkenheid van al die leerlinge te verseker,” sê Domingo.
Daar is nog baie soorgelyke projekte op die horison vir Tsau||Khaeb. Die Omgewingsklub gaan matte hekel uit plastieksakke en ? “eetbare tuin” is ook deel van die planne.
Gelukkig is daar instansies wat nie opgee nie. Projekte soos dié van Tsau||Khaeb gaan definitief ? verskil maak, en hopelik mense aanspoor om ook hul deel te doen.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article