Verstaan jouself as 'n tiener

Wilderness Therapy Namibië wat minderbevoorregte tieners toerus met lewensvaardighede, vier sy tiende bestaansjaar.
Octavia Tsibes
Octavia Tsibes

ont face="Verdana" >

Wildernis Therapy is 'n program wat begin is as 'n avontuurlustige en alternatiewe manier om aandag aan die behoeftes van die kwesbare jeug te gee.

Dit het ten doel om leerlinge te help om bo hul moeilikhede omstandighede uit te styg en hulle tot 'n punt te bring waar hulle moed vind, in hulself glo en as produktiewe volwassenes bydra tot 'n beter samelewing.

Wildernisterapie is 'n internasionale metode wat aangepas en gebruik word in kombinasie met verskillende elemente wat uniek is aan Namibië.

Gedurende die afgelope jaar het baie betekenisvolle aktiwiteite, soos die aanbied van 'n loopbaanweek, 'n opvoedkundige toer na Suid-Afrika, die implementering van vier gemeenskapsprojekte en die aanbied van twee ouerleidingsessies onder leiding van professionele fasiliteerders en nege jeuggroepe, plaasgevind.

Om by te dra tot hul gemeenskappe het die deelnemers besluit om die Angra Paquena-skool en die ouetehuise op Rehoboth en Keetmanshoop skoon te maak. Ses en sestig laerskoolkinders het gehelp met die skoonmaaktaak by Keetmanshoop. By die St. Mary's-hospitaal op Rehoboth het die tieners pasiënte met ’n paar kleiner take gehelp.

"Die Wildernisterapieprogram help jong mense om te verstaan wie hulle is. Die staproetes skei die tieners van die wêreld wat hulle ken. Ons sien dit as die reinigingsfase," verduidelik Pikkie Hoffman, administrateur by Wilderness Therapy Namibië.

Gedurende die oorgangstydperk word deelnemers gekonfronteer met hulself. "Die wandelaars reflekteer oor wie hulle is, wat met hulle gebeur het, hul gedrag en hoe dit hulle en ander beïnvloed het. Tieners maak lewensveranderende besluite, los die verlede en vernietigende gedrag agter en verander ten goede," sê Hoffman.

Mentorskapsessies begin onmiddellik ná die staptogte. Die sessies strek oor ’n tydperk van 12 tot 18 maande. "Mentorskap is noodsaaklik omdat dit tieners ondersteun en leiding bied om die besluite wat hulle tydens die staptog gemaak het, deur te voer."

Die organisasie se visie is om die jeug te bemagtig om hoop, vrede, vreugde en doelgerigtheid in hul lewe te bied sodat hulle verantwoordelike volwassenes kan word.

Die Wildernisterapieprogram bied aan jongmense die geleentheid tot selfontdekking en -ontwikkeling deur middel van die terapeutiese program in die wildernis. Hulle keer terug na hul onveranderde lewensomstandighede met ’n beter selfbeeld, selfvertroue en bekwaamheid om die uitdagings van die lewe beter te hanteer.

Comments

Namibian Sun 2024-11-25

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!