Treinry en diere vir Kersfees
Octavia Tsibes
Namibia Media Holdings (NMH) het onlangs 40 leerlinge van die preprimêre skole Nelson en Loide Kasingo vir hul Kerspartytjie met 'n trein na Okapuka Ranch geneem.
Die twee skole volg die Amos Meerkat-kurrikulum. Die onderwysers word vir twee weke opgelei en 'n week lange werkswinkel vind in Mei plaas. Daarna word van die onderwysers verwag om dit wat hulle geleer het te implementeer. Aan die einde van dieselfde jaar moet onderwysers weer vir 'n week 'n werkswinkel bywoon. “Daarna is hulle gereed om die Amos-kurrikulum by hul skole aan te bied," sê me. Magda Shamalaza, die Amos Meerkat-streekkoördineerder van die Windhoek-omgewing. Die program word landswyd aangebied vir leerlinge wat in informele nedersettings woon.
Die 40 leerlinge, wat volgende jaar graad een toe gaan, het die uitstappie terdeë geniet. "Ek het baie diere gesien. Die kameelperde en die renoster ek het baie geniet," het Claudia Nekwaya, 'n leerlinge van die Preprimêre Skool Nelson, gesê.
"Dit is vir my 'n groot voorreg. Dit is die derde jaar dat NMH vir die Kerspartytjie betaal. Dit is nie net vir genot nie; die leerlinge kry ook die geleentheid om die diere te sien waaroor hulle in die klasse leer,” het Shamalaza gesê.
Volgens Shamalaza is sy baie bevoorreg om deel van Amos Meerkat te wees. "Ek raak so bly as ek die glimlag op die kinders se gesigte sien wanneer hulle op sulke avonture gaan, want ek weet ek het daartoe bygedra."
Die skoolhoof van die Preprimêre Skool Nelson, me. Theresia Ndara, het gesê: "Dit is selde dat kinders die voorreg het om op 'n trein te klim. Wie sou kon raai ek en my leerlinge van Nelson sal vanjaar in een ry. Ek het gedink die trein loop nie meer nie. Ek is baie bly dat ek dit saam met my leerlinge kon ervaar."

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article