Toeka se ruggraat, nou se kombinasie
Lee-Ann Lowe
My pa het altyd gesê: “Die enigste graad wat mens nodig het, is ’n ruggraat.”
En alhoewel ek meestal saamstem, moet ek ook in eerlikheid sê: Jou ruggraat help deesdae niks as jy nie ’n graad het nie.
Met die graad 11-eindeksamen wat my nou dubbel en dwars in die oë staar en harder as ooit tevore aan my deur klop, kan ek nie help om vlak asem te haal en hierdie eksamen te sien as my “laaste eksamen van hoop” nie. Miskien is ek bietjie te pessimisties of miskien is ek te melodramaties, maar ek word om elke hoek en draai herinner aan presíés hoe belangrik die graad 11-eksamen vir my toekoms is.
Een van my gunstelingdigters, William Henly, skryf in sy gedig Invictus ’n sinnetjie wat gedurig in my gedagtes herhaal: “I am the master of my faith, I am the captain of my soul.” En alhoewel ek dit relatief onregverdig vind dat een jaar tentatief jou hele toekoms kan bepaal, weet ek: Dit wat ek hierdie jaar - veral met hierdie laaste eksamen - insit, sal bepaal hoe dinge in my toekoms lyk.
Ek bepaal of ek plek in die universiteit gaan kry. Ek bepaal of ek keuring in my gekose rigting sal kry. Ek bepaal of my sogenoemde suksesvolle toekoms ’n realiteit of fiksie gaan wees.
Die gedagte daarvan laat my hart vinniger klop en maak my hande effens sweterig, want in vandag se tyd móét ons tog net gaan studeer by een of ander universiteit om sodoende vir onsself ’n beter kans te gun tot ’n suksesvolle toekoms. Maar dan kom die volgende dilemma: Dit help nie jy het ’n hoogs gekwalifiseerde universiteitsgraad, maar nie ’n ruggraat nie. Met ’n ruggraat bedoel ek dat jou graad jou niks gaan help tensy jy jou werk doen, geleenthede aangryp en deursettingsvermoë toon nie, want niemand is meer so moeilik om te vervang nie.
In die ou dae kon jy nog nesskop en goeie geld verdien, sonder ’n universiteitsgraad, solank as wat jy net ’n ruggraat het. Maar in vandag se tyd moet jy albei kombineer om relatief verseker te wees van ’n suksesvolle en volhoubare toekoms. Miskien is dit nie so sleg om deesdae kliphard te werk om ’n graad te kry en dit dan met ’n ruggraat, ons uithouvermoë en innerlike drang om sukses te behaal, te kombineer nie.
Wanneer ek na die groter prentjie kyk, my perspektief bietjie verbreed en dit vergelyk met waar ek nou in my skoolbank sit, maak dit bietjie meer sin hoekom ons van jonk af so gevorm word om hard te werk en uit te hou. My pols raak rustig en my asemhaling keer terug na normaal, want ek besef nou dat hierdie een belangrike jaar, hierdie laaste belangrike eksamen, eintlik net die grondslag lê vir ’n suksesvolle toekoms.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article