Teater-trokkie’ doen baanbrekerswerk
Ruda Schoeman
Dinsdag, 2 April 2019, het Elnatan se Graad 11 en 12 biologie-leerders ? onverwagte uitstappie geniet na nêrens anders as ons eie informele woonbuurt op Stampriet nie!
Dr. Ian Baines, stigter van Baines Vetcare, het in samewerking met die Universiteit van Namibië (Unam) op 8 Junie 2018 ? mobiele diere kliniek op die ‘wiele’ gebring.
Dr. Baines, vergesel deur ? paar sesdejaar-veeartsenystudente, reis na verskeie minderbevoorregte gemeenskappe waar hy sterilisasies en inentings gratis op 100 honde en katte per maand doen. In die proses verkry hy meer inligting en doen navorsing oor die siekte- en parasiettoestande van die diere in daardie omgewing. Professor Frednard Gideon van Unam het dit goed gedink om sesdejaarstudente van die universiteit saam te stuur vir aanvulling tot hulle verpligte praktiese teorie deur middel van sterilisasies, narkose en chirurgie.
Tot die verbasing van my onderwyseres, medeskoliere en myself het hierdie ‘teater-in-‘n-trokkie’ baie belangstelling geprikkel in ons informele nedersetting. Met ons skoliere se aankoms by die dierekliniektrokkie, was daar reeds dosyne mense met elkeen twee, selfs drie honde, gereed om gebruik te maak van hierdie wonderlike gemeenskapsdiens. Dit is gerusstellend om te weet die laerinkomstegroep-gemeenskappe kom tot ? besef dat daar ? probleem ontstaan as gevolg van die ongekontroleerde aanteling van onversorgde troeteldiere.
Hierdie armer buregemeenskappe kan dikwels nie vir nuwe werpsels kos voorsien nie. Daarom is hierdie ? uitstekende uitreik na die laerinkomstegemeenskappe deur te help teen die uitbreking van siektes, asook aan die hand van sterilisasies die verantwoordelikhede van toekomstige troeteldiere te verminder, en aanteel te beperk of te verminder. Elke dier wat ingeskryf was vir behandeling het ? naam gehad. Of die naam tweede van voor in die ry uitgedink was en of dit net “Brakkie” was, het die klein gebaar soveel liefde teenoor troeteldiere getoon dat dit my hart roer.
? Ernstige probleem wat opduik in die informele woonbuurte, is die onbewustelike mishandeling van diere. Om chaos te vermy, is een van die voorwaardes van die mobiele dierekliniek dat die eienaar se kat of hond aan ? leiband vasgehou moet word, andersins word die troeteldier nie behandel nie. Meeste van die troeteldiereienaars kan nie ? ordentlike leiband bekostig nie en uiteindelik word die diere, uit onkunde, gewurg deur ‘n nylon-tou. Hierdie probleem gebeur in menige gevalle in veral hierdie woonbuurte en moet ook aangespreek word.
Gemeenskapsdienste en uitreike soos hierdie is wat rêrig ? verskil maak in landelike gemeenskappe. Laat hierdie inisiatief as inspirasie dien vir nog hulp aan minderbevoorregte mense, sodat ons as mens rêrig ? aanwins vir die wêreld kan wees en eerder stadig opbou, as terugsit en nie ons woorde omsit in dade nie. Baie dankie, dr. Baines en u span vir die uitmuntende werk!

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article