Swemklubs in hewige kompetisie

Mariselle Stofberg
Iréne-Mari van der Walt

Jong swemmers laat rekords spat

Die Namibiese Swemfederasie is in hul skik met die standaard van die eerste swemresies wat oor die naweek gehou is.

Die water het behoorlik gekook in Windhoek oor die afgelope naweek en vier nasionale ouderdomsrekords is oortref wat deur die Namibiese Swemfederasie (NasFed) geverifieer moet word. Die vierde Bank Windhoek langbadgala is Vrydag en Saterdag by die munisipale swembad afgehandel.

Die Namibiese 400 meter vryslagaflosrekord vir meisies 13-14 jaar was behoorlik onder skoot. Eers het Maja Brinkmann, Ariana Naukosho, Chloe Rossouw en Michaela Ohm (Aqua Swimming and Fitness Club) Saterdag die vorige beste tyd in die rekordboeke verbeter met hul tyd van 4:42.37, maar later die dag is selfs nog ’n vinniger tyd aangeteken.

Dolphins Swemklub se kwartet Jessica Humphrey, Alexandra Kapapa, Queline Benade en Reza Westerduin het in hul uitdun hul mededingers se tyd met ’n allemintige verskil tot 4:34.44 afgedwing.

Aqua Swemklub het wel ’n waarskynlike nuwe nasionale ouderdomsrekord met 12-jarige Lorenzo Esterhuizen se 50 meter rugslag wat in 32.19 voltooi is.

In die jonger ouderdomsgroep het Ryan Steyn (10) van Dolphins ook ’n rekord in hierdie item ingepalm met ’n tyd van 36.25.

Steyn (seuns 10 en jonger) het ook die bestaande 100 vryslagrekord met sy poging van 1:13.13 oortref, terwyl hy die seuns 11-12 jaar se 400 m vryslag in ’n tyd van 6:19.61 voltooi.

Steyn het ook aan verskeie borsslag, rugslag en vlinderslagitems deelgeneem.

Esterhuizen het ook die seuns 11-12 50 meter rugslag in 32.19 voltooi en het ’n tyd van 38.82 aangeteken in die seuns 11-12 borsslag.

Hy het ’n bedrywige program by hierdie byeenkoms gehad, met verdere tye van 36.25 in die seuns 9-10 se 50 meter rugslag, asook 31.04 sekondes in die 50 vlinderslag vir seuns 11-12 jaar.

Die seuns 11-12 100m vryslag het Esterhuizen in 1:05.08 voltooi.

Een van Namibië se topswemmers, Ronan Wantenaar, het 581 FINA-punte aangeteken toe hy die 50 meter rugslag (19 en jonger) in 28.76 voltooi het.

Reza Westerduin het ook haar potensiaal uitgestal met 568 FINA-punte aangeteken in die meisies 13-14 jaar se 100 vryslag, wat sy in 32.56 voltooi het.

Verder het Westerduin 2:21.06 aangeteken in die meisies 13-14 se 200 vryslag en 31.20 in die 50 vlinderslag.

Sy het ook werk gemaak van die 100 vlinderslag in 1:12.55.

Comments

Namibian Sun 2024-11-24

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!