Sport baan die weg vir die jeug

Die organisasie Physically Active Youth help behoeftige gemeenskappe in en om Windhoek om geleenthede vir die jeug te skep.
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg

Die Physically Active Youth (PAY) is werksaam in Katutura in Windhoek waar hulle sport gebruik om jongmense te bemagtig.

Dit word gedoen deur STEM-gefokusde, vaardigheidsgebaseerde onderwys en SDG-gesentreerde lewensvaardighede opleiding.

Dit is daarop gemik om volwassenes te help skep wat in staat is om hul gemeenskappe te bemagtig deur volhoubare, innoverende ontwikkeling en maatskaplike gedragsverandering.

“In die 15 jaar van ons bestaan, bly PAY vasbeslote om die uitdagings waarmee die Namibiese jeug gekonfronteer word, te takel en ons het tot dusver vir meer as 2 300 jongmense ’n veilige ruimte en voedingskemas gebied. Hulle het ons tegnologiese vaardigheidsprogram suksesvol voltooi, beurse ontvang en volg tans verskeie loopbane. Ons glo ons het gehelp om die toekomstige leiers van Namibië te bemagtig met die kennis en vaardighede wat hulle nodig het en sodoende bygedra tot Namibië se Visie 2030 en die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5) se doelwitte, ” sê Thubaelihle Sibanda, die programdirekteur van PAY.

PAY volg ’n holistiese benadering tot leerlinge se ontwikkeling deur middel van vier belangrike komponente naamlik onderwys, sport, lewensvaardighede en hul voedingsprogram.

PAY pas gehalte-onderrig toe wat die potensiaal, vaardighede en vermoë van die jeug om hul drome te bereik en van graad 1 tot graad 12 te vorder, ten volle ontwikkel.

“In ons juniorprogram vir graad 1 tot 7 het ons ongeveer 55 leerlinge en in die seniorprogram vir graad 8 tot 12 is daar 65. Ons help ook kwalifiserende studente om vir beurse aansoek te doen sodat hulle hul potensiaal kan bereik, ”sê Sibanda.

KINDERVRIENDELIKE OMGEWING

PAY beywer hulle om jongmense betrokke te kry by verskillende sportaktiwiteite wat wissel van fietsry, swem, sokker, gimnastiek tot karate en skaak.

“Hierdie aktiwiteite is verpligtend vir almal, want ons verstaan dit is belangrik vir die jeug om aan dit blootgestel te word om grense te verskuif en die onmoontlike moontlik te maak. Ons doel is om almal ’n gelyke kans in sport te gee ondanks hul ouderdom en geslag,” voeg Sibanda by.

Die organisasie beklemtoon verder die belangrikheid daarvan om na jou eie belange sowel as die van ander om te sien. PAY is kampvegters vir gelykheid, die holistiese welstand van kinders en omgewingsvolhoubaarheid.

"By PAY skep ons ’n kindervriendelike omgewing wat die jeug nodig het om gesonde lewenstylkeuses te maak om fisieke, geestelike en maatskaplike welstand te bevorder," sê sy.

Hul voedingsprogram bied 145 maaltye per dag aan begunstigdes en vrywilligers. PAY meen goeie voeding lê die grondslag vir goeie onderwysresultate.

PAY werk hoofsaaklik met kinders wat uit Katutura kom en van skole, veral laerskole, in dieselfde omgewing afkomstig is.

By hoërskole kom hul begunstigdes van skole oraloor in Windhoek, maar die meeste woon in Katutura.

“Ons teikengroep is kinders tussen die ouderdomme van 7 en 18 jaar uit die Katutura-omgewing, wat in marginaliseerde gebiede woon en uit gesinne met lae inkomste kom. Ons het ’n robuuste werwingstelsel waarmee ons jaarliks 120 kinders en jeug in die program kan registreer. Aansoeke verskyn elke jaar in Oktober en almal op skool wat aan die kriteria voldoen, kan registreer, ” sê Sibanda.

FINANSIERING VAN PROJEK

Baie van hul finansiering kom uit die private sektor en hulle ontvang beide ondersteuning in natura en projekfinansiering vir verskillende programkomponente.

“Dit is die borge wat ons program aan die gang hou en ons waardeer dit opreg. Ons het ’n goeie verhouding met plaaslike en internasionale instellings met wie ons saamwerk vir verskillende projekte,” het Sibanda gesê.

"Dit is belangrik om die verhouding wat ons met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en die ministerie van sport, jeug en nasionale diens het, uit te lig wat ’n belangrike vennoot is om ons te help om ons mandaat te bevorder."

Om hul program te ondersteun of daaraan deel te neem, kan hulle by 081 286 7339 gekontak word.

PAY is tans bedrywig by die jeugsentrum in Katutura.

"Ons moedig mense aan om ons Facebook-blad, @PhysicallyActiveYouthNamibia, te volg vir al die nuutste inligting oor ons aktiwiteite," voeg Sibanda by.

Comments

Namibian Sun 2024-11-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!