Skoolgaan tussen die sneeu
WAP-uitruilstudente in Switserland
Marthien Venter
Daar word jaarliks drie studente van Windhoek Afrikaanse Privaatskool gekies om vir twee weke lank skool te gaan in ? klein dorpie in Switserland, met die naam Disentis.
Disentis is omtrent 180 km van Zürich, die hoofstad van Switserland. Terwyl die studente daar is, tree hulle ook op in van die mees bekende skoolkore in Europa, dié van die Disentis Gimnasium.
Hierdie jaar was ek, Janru Smit en Herman Prinsloo die gelukkige leerders.
Ons drie het op 16 Maart vertrek na Frankfurt en toe via Rome na Zürich gevlieg, op ? reis wat ons nooit sal vergeet nie. Die reis was lank en na 29 uur van uithou en geduld, het die hoë berge van die Switserse Alpe met hul dik komberse van sneeu bo ons uitgetoring.
Die Disentis Gimnasium (Mustér) lê versteek tussen die wit pieke van die Switserse Alpe. Die skool is groot en verbonde aan ? eeue oue klooster. Anders as dit waaraan ons gewoond is, word die skool gehuisves in ‘n moderne gebou met ? luukse koshuis waarin Janru en Herman gebly het. Ek het tuisgegaan by ? gesin, Mnr. Tom Etter, sy vrou, Jenny Etter, en hul seun Marlon.
Nadat ons Windhoek verlaat het met temperature in die omgewing van 36 ºC, was ons skielik in Switserland, met waar ons was, maksimum temperature van omtrent 2 ºC. Dit was vir ons ? reuse aanpassing.
Die skool begin soggens 7:45, maar net soos op ons universiteite, is daar sommige periodes wanneer jy nie klas het nie. Tydens hierdie af periodes kan jy na een van die kamers gaan wat hulle “spaces” noem, waar jy rustig kan sit en gesels met jou vriende of net jou huiswerk sit en voltooi. As jy lus is vir iets meer aktief, kan jy in die sportsaal vlugbal speel of selfs sokker speel (as die weer dit toelaat). Soggens 9:55 is daar ? 15 minute breek waar jy gou ? toebroodjie kan koop by die kafeteria. Om 12:00 word daar ? warm ete in die eetsaal aan leerders voorsien nadat ? kort gebed opgesê is. Daarna gaan die skool voort en eindig om 16:15.
Ons moes ook hard oefen aan die kooropvoerings. Die koor toer naweke na verskillende dorpies waar ons opgetree het. Optredes was gewoonlik in die aande, maar Sondae het ons ook in kerke gesing gedurende dienste. Die koor optredes was vir ons ? wonderlike belewenis. Ons het saam met bekende soprane en tenore gesing, en is begelei deur ? klein strykorkes. Ons het in die mooiste katedrale opgetree wat vir ons omtrent ? belewenis was.
Die inwoners van Disentis is soos een groot familie waar almal mekaar ken. Ek weet nie of ? mens op enige ander plek in die wêreld vriendeliker mense vind nie. Daar is altyd ? glimlag op hul gesigte.
Hierdie was ? toer vol vreugde en grappe waartydens lewenslange vriendskappe gesmee is. Ons is WAP ewig dankbaar vir hierdie geleentheid, en hoop dat ons goeie ambassadeurs vir ons skool was.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article