Skool kry nuwe laboratorium, biblioteek

Junior Sekondêre Skool Goreangab ontvang nuwe infrastruktuur
JUSTISIA SHIPENA
Die Junior Sekondêre Skool Goreangab het op 13 Augustus ’n splinternuwe laboratorium en biblioteek ingewy wat deur vakleerlinge van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (NIMT) gebou is.

Die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, die skoolhoof van dié skool, mnr. Ishmael Groenewald en mnr. Gerard Vries, die uitvoerende direkteur van onderwys in die Khomasstreek, het die geleentheid bygewoon.

Die laboratorium is so ingerig en ontwerp dat dit praktiese en teoretiese klasse vir leerlinge sal vergemaklik.

“Beide fasiliteite het genoeg ruimte om individuele en groepwerk moontlik te maak en leerlinge van die skool sal dit kan gebruik om wetenskap beter te verstaan,” het McLeod-Katjirua gesê.

NIMT is deur Vries genader om te help met die bou van meer klaskamers in die land om die huidige tekort aan te spreek.

Groenewald het die gehalte van NIMT se werk en die samewerking tussen NIMT, die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en MTC geprys.

“Ek is ongelooflik dankbaar vir almal wat met hierdie inisiatief gehelp het. Ek weet die leerlinge sal na die geboue en toerusting omsien en hierdie nuwe fasiliteite bewaar sodat dit vir nog baie jare gebruik kan word.”

McLeod-Katjirua het benadruk watter positiewe bydrae die nuwe infrastruktuur tot die skool gaan wees, maar ook genoem die uitdaging gaan kom wanneer leerlinge moet help om die hulpbronne op te pas.

“Dit is ’n spesiale oomblik vir my om vandag teenwoordig te kon wees en hierdie ongelooflike mylpaal in die skool se geskiedenis te sien. Vandag is ’n spesiale dag en ’n dag om fees te vier. Ons sien vandag hoe die lewens van jongmense positief geraak word en hulle die ontvangers van beter onderwysfasiliteite kan wees,” het McLeod-Katjirua gesê.

“Ek wil my opregte dank uitspreek teenoor die uitstekende werk van die onderwysministerie en NIMT,” het McLeod-Katjirua verder gesê.

Die projekte van NIMT in samewerking met dié ministerie het in Augustus verlede jaar begin en 20 klaskamers is reeds oraloor die land gebou.

Comments

Namibian Sun 2024-11-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!