Pikkie Paradys word mondig
Die Pikkie Paradys preprimêre skool vier vanjaar sy 21ste bestaansjaar.
Gerine Hoff
Met 21 jaar agter die rug, is Pikkie Paradys preprimêre skool nou mondig.
Wat in 1998 as ’n droom vir me. Florene Louw begin het, is nou – saam met me. Yvette Kruger – bewaarheid. Saam sien hulle elke jaar na honderde kinders se opvoedkundige welstand om.
Albei vroue is onderwyseresse met groot passie vir hul beroep – wat duidelik weerspieël word by dié skool in die Windhoekse buurt Kleine Kuppe.
In 1998 het Louw, wat toe ’n laerskoolonderwyseres was, die geleentheid gekry om ’n preprimêre skooltjie wat vanaf ’n huis bedryf is met 30 kinders oor te neem. Sy het dit met albei hande aangegryp. Kruger het nege jaar later en ná haar studies in Stellenbosch as onderwyseres by Louw aangesluit en nóg twee jaar later by die skooltjie ingekoop.
Intussen het Pikkie Paradys só uitgebrei dat nog ’n eiendom gehuur moes word. Dit is toe dat daar saam-saam aan die droom van ’n eie skool begin slyp is.
“Ons het begin soek na erwe en só is hierdie erf in Kleine Kuppe deur die Here vir ons gegee,” sê Louw.
“Dit was in daardie stadium die enigste erf wat nog vir skole beskikbaar was,” sê Kruger.
“En die manier hoe dit na ons toe gekom het, was net ongelooflik,” voeg Louw by.
“Ons het niks geweet van malls wat kom nie – dit was eenvoudig net ’n erf in Kleine Kuppe wat aan ons toegeken is. Dit was absoluut ons groot droom om ’n skooltjie hier van die grond af te kry, en dit het uiteindelik ’n werklikheid geword.”
Wista Construction het in 2011 met konstruksie aan die nuwe skoolgebou begin “en ons gehelp om ons droom te bewaarheid,” sê Louw. Só kon hulle in Januarie 2012 met 200 kinders, van babas tot voorskoolse leerlinge, die deure oopmaak.
Intussen het die skool aansienlik gegroei. Ná aanbouings in 2016 en die byvoeging van ’n Engelse stroom, Little Einsteins, kan hulle nou meer as 400 kinders huisves. Benewens die aanbou van klasse, is administratiewe kantore en ’n ten volle toegeruste gimnasium vir die kleintjies ook bygevoeg.
Die passie wat die twee vir kinderopvoeding het, is duidelik te sien by die skool wat op die hoek van Ombika- en Frankie Fredericksstraat geleë is.
“Maar dis die kleintjies se behoeftes en ontwikkeling wat vir ons ’n prioriteit bly,” sê Louw. “Ons werk baie hard om hulle sosiaal, emosioneel en kognitief voor te berei vir formele skooltoetrede.”
Die skool se 82 personeellede wat van 07:00 tot 17:30 elke weeksdag na die kleintjies omsien, deel hul droom. “Ons personeel is professioneel en passievol, want ons is die hele dag daardie kleintjie se mamma en pappa,” sê Kruger.
Pikkie Paradys spog met opgeleide personeel in die graad RRR-, RR- en R-klassies. Boonop beskik die skool ook oor ’n siekeboeg met ’n paramedikus. “Alle klasse en die speelgrond is toegerus met kameras om seker te maak ons kleintjies is te alle tye veilig,” sê Kruger.
Benewens voldagsorg, kry die kleintjies ook twee etes per dag. Pikkie Paradys het ook ’n nasorgfasiliteit vir kinders van Windhoek Gimnasium. “Hulle word by die skool gehaal, ons help hulle met hul huiswerk, gee vir hulle kos en ry hulle vir skolesport rond,” sê Kruger.
Die skool is 11 maande van die jaar oop. “Ons maak net Desember toe,” sê sy.
“Dit was ’n lang pad, maar ons glo dit is ’n nalatenskap waaraan ons voortdurend bou,” sê Louw.
Ouers wat hul kinders by die skool wil inskryf, kan Pikkie Paradys kontak by 061 400 511. Besoek ook www.pikkieparadyswindhoek.com of hul Facebook-blad.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article