Ongwediva se grense brei uit
AR-aansoeke moet wag
Catherine Sasman - Die munisipaliteit van Ongwediva gaan in die 2015-'16-boekjaar sewe groot kapitaalprojekte van ’n beraamde N$27,4 miljoen voltooi.
Vir die huidige boekjaar is meer as N$97 miljoen goedgekeur.
’n Bedrag van N$600 000 is opsy gesit om die Omatando-nedersetting van ’n landelike gebied met mahanguvelde tot ’n dorp te kan omskep en verklaar. Onderhandelinge met die nedersetting se eienaars, bestaande uit 25 tradisionele huise, is tans aan die gang.
Die munisipaliteit se skakelbeampte, mnr. Andreas Uutoni, het gesê die munisipaliteit het N$10 000 per hektaar en N$15 000 vir elke vrugte-draende boom sowel as vir elke palmboom as vergoeding aan die huishoudings aangebied.
Ingevolge die munisipaliteit se verskuiwingsbeleid het huishoudings twee opsies: óf hulle trek, óf hulle kan elk drie erwe behou.
Sodra die munisipaliteit die aankoop van die gebied verseker het, sal dit begin om erwe af te baken en dit te diens.
Voorts gaan ’n tweede opemark op Oshiko gebou word. Die eerste fase sal na beraming sowat N$300 000 kos.
Onder die begroting van die Geteikende Ingrypingsprogram vir Werkverskaffing en Ekonomiese Groei (Tipeeg), is N$2,4 miljoen beskikbaar om ’n brandweerstasie te bou. Die munisipaliteit het op die oomblik net een brandweerwa.
Die dorp se rioolstelsel se oksidasiepunte sal teen N$6 miljoen vergroot en herstel word. Die waterpype van NamWater se opgaardam sal teen N$1,5 miljoen vervang word.
As deel van die Tipeeg-begroting, word die Efindi-uitbreiding teen N$10,5 miljoen met paaie en elektrisiteit gediens.
In Uitbreiding 15 word ’n nywerheidspad gebou en waterpype aangelê teen N$2,5 miljoen.
“Met die regering se bystand is ons is vol vertroue dat hierdie projekte teen Julie 2016 voltooi sal wees,” het Uutoni gesê. “Almal is bewus van die grondkwessies oor die hele land. As die massa ehuisingskema weer aan die gang is, hoop ons dat Ongwediva in die volgende fases ingesluit sal wees.”
Die munisipaliteit het tans 165 gedienste erwe vir lae inkomste groepe in die Oshiko-woonbuurt beskikbaar.
Deur onderhandelinge en vergoeding met tradisionele huishoudings in landelike gebiede kon die munisipaliteit 329 woonerwe teen ’n koste van N$10,5 miljoen afbaken. Die erwe word tans gediens en die plan is om dit voor September aan diegene op die waglys toe te ken.
“Daar is geen kortpaaie vir die verkryging van erwe nie,” het Uutoni gesê op ’n vraag of diegene wat deur die Regstellende Herposisionering-beweging (AR) vir grond in dorpe aansoek gedoen het vir enige beskikbare erwe oorweeg sal word.
Daar is tans ’n waglys met 3 000 aansoeke. Dit sluit die AR-aansoeke uit.
Hierdie erwe is teen N$75 tot N$80 per vierkante meter beskikbaar.
Die munisipaliteit kon ook 50 hektaar grond vir woonerwe binne die dorp bekom.
Uitbreiding 18 word gediens deur ’n openbare-private-vennootskap (PPP) met die plaaslike maatskappy Stanton Property. Hier is 216 erwe reeds gediens. In Uitbreiding 19 gaan ongeveer 300 woonerwe ontwikkel word en die munisipaliteit is tans besig om paaie in die hoë inkomste woonbuurt van Uitbreiding 11 te teer.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article