Ongwediva groei uit sy nate
Slim beplanning werp vrugte af
Catherine Sasman – ’n Praktiese benadering en doelbewuste ingrypings wat in opeenvolgende strategiese planne vervat is, lewer opmerklike verandering en groei op Ongwediva.
Die fokus van die eerste strategiese plan van die Ongwediva munisipaliteit wat vanaf 2000 uitgevoer is, was om ’n moderne stedelike gebied te skep. Ingevolge dié plan het die munisipaliteit onderneem om elke jaar ten minste 1,5 kilometer van paaie wat na hoofsaaklik onderwys-instansies loop, te teer omdat toe nog nie baie ondernemings op die dorp was nie.
Die hoofbeampte van die munisipaliteit, mnr. Damian Egumbo, sê dit het gelei tot verbeterde dienslewering.
“Dit is wat inwoners van enige dorp wil sien,” sê Egumbo.
Die fokus van die tweede strategiese plan was om mededingingsvoordele op die dorp uit te brei aangesien dit tussen Ondangwa en Oshakati – wat reeds baie dienste verskaf – ingehok is. ’n Besluit is geneem om alles moontlik te doen om ondernemings te lok om van Ongwediva handel te dryf.
“Ons het besef dat ons munt moet slaan uit die voordele en daarom boet ons nie in op dienslewering nie. Ongwediva is steeds aan die voorpunt van dienslewering,” het Egumbo gespog.
Die slim beplanning werp vrugte af. In minder as 10 jaar het die dorp merkwaardige ontwikkeling ervaar.
In 2006 het die munisipaliteit ’n lening van N$20 miljoen van die Namibiese Ontwikkelingsbank ontvang om luukse woonbuurte te skep. Dit het die eiendomsportefeulje van die dorp verander.
In 2011 was die waarde van ’n luukse woonerf N$78,50 per vierkante meter. Die waarde van ’n erf in Uitbreiding 10 wat ’n luukse woonbuurt is, is vandag N$120 per vierkante meter.
In 2012 was nywerheidserwe teen N$17,50 per vierkante meter te koop. Vandag word dit vir N$48 per vierkante meter verkoop.
Groot en nuwe geboue is besig om uit die wit sand van die dorp te styg.
Een van Namibië se rykste entrepreneurs, mnr. Ben Huawanga van die BH-groep, het ’n multimiljoen dollar vermaaklikheidspark en lodge, Bennies Entertainment, op die dorp gebou.
’n Splinternuwe private hospitaal, die Ongwediva MediPark, waarin die munisipaliteit aandele besit, is die grootste in die Noorde. Unam het ook nou ’n groot kampus op die dorp nadat die munisipaliteit vir daardie doel 19 hektaar geskenk het.
Nóg ’n splinternuwe toevoeging tot die dorp is die massiewe Oshana-winkelsentrum, ook die grootste in die Noorde, wat onlangs sy deure geopen het.
’n Groot varsproduktesentrum word ook beplan.
Besprekings is aan die gang om Ongwediva noordwaarts uit te brei terwyl die munisipaliteit deurgaans besig is met die formalisering van informele gebiede. Die munisipaliteit het 250 erwe vir massabehuising beskikbaar gestel.
Die derde strategiese plan is gemik om suksesse wat reeds behaal is, te volhou deur die munisipaliteit se kapasiteit te verstewig.
Egumbo sê ’n groot uitdaging bly die slakkepas waarteen grond deur kommunale boere beskikbaar gestel word omdat die dorp tussen tradisionele gebiede geleë is.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article